Man wat glo gestremde epilepsie-lyer verkrag op waarskuwing vrygelaat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie se dogter wat aan epilepsie ly, verkrag het, is Vrydag in die Tonga-landdroshof in Mpumalanga op ʼn waarskuwing vrygelaat omdat hy nie R2 000 borgtog kon betaal nie.

Carlos Emmanuel Nhamposse (58), oorspronklik van Mosambiek, het Vrydag onskuldig gepleit op ʼn aanklag van verkragting, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Die vermeende slagoffer is ʼn epilepsie-lyer en glo ook verstandelik gestremd. Dit is nie duidelik hoe oud sy is nie. “Ons weet nie of sy ouer is as 20 nie, maar verstandelik is sy soos ʼn kind jonger as 10,” het konstabel Nokuthula Luphoko, die ondersoekbeampte, vroeër getuig.

Landdros Hazel Khoza het Nhamposse op ʼn waarskuwing vrygelaat en gewaarsku om op 3 Julie weer in die hof te verskyn. Borgtog van R2 000 is verlede maand aan hom toegeken, maar hy kon nie die geld bymekaar maak nie.

Hy is op 3 April in hegtenis geneem en het God en die landdros bedank vir sy vrylating en het onderneem om nie die gebied te besoek waar die vermeende slagoffer bly nie.

Luphoko het ook getuig dat die beskuldigde aan die polisie erken het dat hy twee keer met haar seks gehad het, maar dat sy haar toestemming verleen het.

Die saak is tot 3 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

Daar is n paar goed in die lewe wat ek nie verstaan nie. Hierdie is een van hulle.

Theresa Schmidt ·

Hoe in die land van die lewendes moet ons ons kinders en oumense beskerm as dit so gaan. Nee regtig ek dink dit is uiters swak. So wat help dit ons gee die gemors aan. Dan kan ons maar eerder self teen hul optree. Nee regtig ons wet geleerdes moet wakker skrik. Wat gaan hul doen as dit met hul kinders, kleinkinders of ouers gebeur. Swak uiters swak

Peter Says ·

Nou het ek alles gehoor, Jasper, ek stem ook saam met jou ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.