Man wat glo hofvensters breek eersdaags verhoor

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Jake Noren/Unsplash)

Die man wat glo die vensters van die landdroshofgebou op Vryburg in Noordwes uitgeslaan het, se verhoor skop volgende maand af.

Sibongile Dube (35) is met sy vorige hofverskyning op borgtog van R500 vrygelaat. Hy staan tereg op aanklag van opsetlike beskadiging van eiendom nadat hy begin Januarie op die toneel van die misdaad betrap en in hegtenis geneem is.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê ondersoeke na die saak is afgehandel en die staat en die verdedigingsprokureur het ook aangedui dat hulle gereed is om met ʼn verhoor te begin.

Dube sou aanvanklik skuldig pleit op die aanklagte teen hom, maar hy het van deuntjie verander. Hy het ook ʼn nuwe regsverteenwoordiger versoek.

“Hy het beweer sy optrede is deur woede gedryf omdat hy glo in twee afsonderlike gevalle tyd in die tronk moes deurbring,” sê Mamothame.

Dube het ook sy woede toegeskryf aan ʼn vonnis van twee jaar wat hy in 2009 vir ʼn aanrandingsaak gekry het. Hy beweer hy het ʼn geldige rede gehad om nie die hofsitting by te woon nie, maar is nietemin gevonnis.

Daar word beweer dat ʼn veiligheidswag gehoor het hoe die vensters van die Vryburg-landdroshof breek en dat hy Dube op heterdaad betrap het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Lekker kos in die tronk gekry, sal nou n klap op die hand kry en vry gesit word.

SjN ·

Hy moet ook verantwoordelik gehou word vir die skade aan die gebou.

JohanR ·

Gee hom die vensters en gereedskap en laat hy die nuwe vensters instaaleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.