Man wat glo huiswerker verkrag ‘intellektueel gestremd’

Argieffoto

Die 45-jarige man wat na bewering sy ouers se huiswerker verkrag het, was glo in ʼn “spesiale skool”.

Dr. Masase Beke, ʼn psigiater, het Donderdag tydens haar getuienis in die Bronkorstspruit-landdroshof gesê sy het tydens voorlopige psigiese assessering om te bepaal of die man [wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy nog nie gepleit het nie] in staat sal wees om verhoor te word, aan die man gevra hoe hy grootgeword het en hy het glo gesê hy het na ʼn “spesiale skool gegaan omdat hy gedruip het in normale skole”.

Die man het ná die verkragting glo ook die huiswerker gedwing om seksuele dade met sy hond te pleeg.

Maroela Media het vroeër berig die man het die vrou in ʼn kamer in sy huis in Riamarpark in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, ingesleep en haar tot vroeg die volgende oggend herhaaldelik verkrag, waarna hy glo die hond betrek het.

Beke het gesê: “Die beskuldigde het vir my gesê hy weet nie wat het daardie dag gebeur nie, maar dat hy saam met ʼn spesifieke vrou geslaap het en dat ʼn hond ook later die dag saam met haar geslaap het. Ek het hom gevra hoe ʼn hond saam met ʼn vrou kon slaap en hy het gesê hy weet nie, ek moet die hond vra.”

Hy staan tereg op tien aanklagte, insluitend verkragting, seksuele aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.

Volgens Beke is die man nie sielsiek nie, maar het hy wel ʼn intellektuele gestremdheid. Sy het aanbeveel dat hy na Weskoppies gestuur word vir verdere evaluasie. Die beweerde slagoffer was nie Donderdag in die hof nie. Sowat 300 mense, waaronder die EFF, het buite die hof gesing en dans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Eddie ·

Lyk my die EFF mense het nie werk bedags nie. As jy hoor sing en dans hulle by een of ander hof.

Hannelie ·

Ja-nee die EFF wil ook oral ‘n vinger in die pie hê. Maak nie saak of hy gestremd is nie, dis siek verby.

Sue Theron ·

Ek gee nie om wie sing en dans voor die hof nie die dade wat hierdie persoon gepleeg het teenoor die vrou is walglik. Ek hoop hulle sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Intelektueel gestrem nie n verskoning.

Anneline L ·

Ek stem saam Sue Theron. En nou te se dat hy intellektuel gestrem is….// Siek verby

Denise ·

Ek verstaan nou nie so lekker nie die man was in n spesiale skool ??? Tog weet hy hoe om walglike dade te doen en nog sarkasties ook vra die hond komaan jy meneer weet wat jy gedoen het punt!!!!!

SjN ·

Gestremdheid beteken nie jy kan maak wat jy wil nie, Wat die werklose eef aanbetref, ledigheid is die duiwel se oorkussing.

Maggie ·

Ja ne.Ek stem mt jou saam dan pleit jy seker maar onnosel as jy geen ander verweer het nie.En voor ek weer gekruisig word-Ek ken baie mense wat in n “spesiale skool” was.Insluitend my seun en my broer en n kollega maar hulle gaan ni uit om iemand te verkrag nie!Dit is glad ni vir my n verduideliking vir wat jy gedoen het ni

JSG ·

Jaaa, dit het goed in die ou weermag gewerk indien jy ‘n troep was. Daar is mos vir jou vertel jy is ‘n troep, jy is onosel, dus het jy jou maar so gehou om die bevelvoerders gelukkig te hou. In die geval moet Weskoppies maar besluit hoe die man se brein realiteit ervaar. Miskien hou hy hom dalk onosel soos ‘n troep, maar nie vir ons om te besluit, tensy jy die man persoonlik ken.

Gelukkig ·

Ons het darem vrolike en gelukkige mense in Suid-Afrika. Ek weet nie van ander lande waar mense op enige plek, enige tyd in groepe saam kom om net te sing en dans nie.

Jollies ·

Hoekom dans hulle nie as vroue se tone afgesny word, ander ou mense met pangas gekap word, met strykysters gebrand word ens ens ens!!!!

Net as ·

Net as jy dink daar kan nie iets walgliker gebeur nie, gebeur daar so iets. Intelektueel gestrem gee niemand die reg om ‘n vrou herhaaldelik te verkrag nie en die hond daad. Nee liewe aarde hoekom het sy ouers hom dan nie in ‘n inrigting gesit nie. Nee wat hy kan dalk miskien nie ‘n A kandidaat wees nie, maar hy kan werk en as mens nie werk nie, kyk jy Tv / explore internet en raak met verkeerde lelike goed deurmekaar. As hy haar dalk 1 keer verkrag het, sou ek probeer verstaan het, maar herhaaldelik en met ‘n hond, sulke tye is die doodstraf heel gepas.

Casper Labuschagne ·

Sedert ongeveer 2010 is hierdie ‘n herhaalde tema: “Huiswerker word deur werkgewer se hond verkrag.” Die opskrif kom elke paar maande in die media voor, die laaste geval was waar ‘n Indiërman in Durban beskuldig is. Ten spyte van die gereelde voorkoms van sulke uitsonderlike aantygings, het ek nog nooit gehoor dat dit tot ‘n vervolging of vonnisoplegging lei nie. Ek vermoed eerder daar is ‘n politieke motief agter hierdie aanklagte want dit is altyd dieselfde groep wat daaroor betoog.

Casper Labuschagne ·

Daar is ‘n insiggewende berig oor hierdie insident in die Sowetan (17/1/2018) waar berig word dat die huiswerker en haar gesin na ‘n “huis van veiligheid” geneem is. Volgens daardie berig was “orale seks” asook “twee honde” betrokke. In terme van die wet sal “orale seks” asook veelvuldige voorvalle oor ‘n redelike tydperk bitter moeilik as verkragting bewys kan word, eerder seksuele aanranding of iets dergeliks. Maar ek is bevrees hierdie het nou ‘n politiek gemotiveerde vervolging geword soos ook met die doodskis geval en hierdie vervolging mag ten koste van die objektiewe maatstaf van geregtigheid geskied. Verwys maar net na die kommentare in die bogenoemde Sowetan berig om jouself daarvan te vergewis dat dit wel nou ‘n politieke vervolging geword het.

Juffrou ·

Ek hou skool by n spesiale skool en die kinders kom letterlik weg met moord. volgens die wet, is hulle ontoerekeningsvatbaar. Dan is daar soveel pragtige kinders vir wie ek ook skoolhou, maar wat nooit ontoerekeningsvatbaar optree nie. Hulle stap hier uit as suksesvolle, goed-gemanierde landsburgers wat bou en nie breek nie.

Nettie ·

Hoe verkrag ‘n hond ‘n vrou? Is daar iemand wat my dít kan vertel – klink my, ten spyte van my ‘gevorderde jare’, is ek nog maar baie dig wat dít aanbetref.

PJC ·

Ongeag op watter manier hierdie ou gestremd is, is hy nog steeds ń gevaar vir mense om hom en behoort hy permanent uit die samelewing verwyder te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.