Man wat glo huiswerker verkrag wil nie borgtog hê nie

Die beskuldigde tydens ‘n vorige verskyning. Foto: ANA.

ʼn 45-jarige man het Donderdag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn nadat hy na bewering sy huiswerker verkrag het.

Die beskuldigde het besluit om sy aansoek om borgtog te laat vaar en het geen emosie getoon toe hy in ʼn volgepakte hof voor landdros Ignatius du Preez verskyn het nie.

Du Preez het aan die beskuldigde gesê hy staar die moontlikheid van lewenslange tronkstraf in die gesig indien hy skuldig bevind word aan die aanklagtes teen hom. Hy staan tereg op tien aanklagte, insluitend verkragting, seksuele aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.

Ehleketani Maluleke, die beskuldigde se regshulprokureur, het nie redes verskaf oor hoekom haar kliënt sy aansoek om borgtog laat vaar het nie.

Die staat het versoek dat die saak tot 5 Februarie uitgestel word om te wag vir die uitslae van DNS-toetse en om meer tyd te gee vir verdere ondersoek.

Honderde mense het buite die hof saamgedrom en in solidariteit met die beweerde slagoffer betoog.

Maroela Media het vroeër berig die man is verlede week in hegtenis geneem nadat hy glo die 41-jarige huiswerker in sy huis verkrag en na bewering gedwing het om seksuele dade met sy hond te pleeg.

Die man het die vrou glo verlede Maandag in ʼn kamer in sy huis in Riamarpark in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, ingesleep en haar tot vroeg die volgende oggend herhaaldelik verkrag, waarna hy glo die hond betrek het. Hy het verlede Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn. Die saak is tot vandag uitgestel vir die borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pompies ·

Siek, absoluut sieklik, dit is om van naar te word as mens die berig lees…..

KruisigHom ·

Sies ek skaam my, die man word skuldig bevind nog voor die hofsaak begin het. DIS WALGLIK HOE DIE MENSE “KOMMIN”TAAR LEWER.

Meisie ·

Not guilty until proven guilty. He that is without sin among you, let him cast the first stone

Kevin Opperman ·

Voor ek kommentaal lewer: Ek sê nie dit is die geval hier nie, ek lewer kommentaar op die onderwerp.

Dit is baie maklik vir ‘n vrou om enige man aan te kla van verkragting. Sy het nie eers bewyse nodig nie. Die man word dan aangehou en moet dan sy onskuld bewys. Hoe bewys jy jou onskuld as die enigste bewys die vrou se woord is? Ons is vinnig om met ‘n storie te hardloop en te oordeel sonder om te weet wat die werklike feite is.

Ai ·

Dis hoekom baie vrouens nie verkragting of molestering aanmeld nie, want met sommige van hierdie kommentaar bewys dit net hoe ernstig so ‘n vrou opgeneem word – kommentaar soos “dis baie maklik vir ‘n vrou om enige man aan te kla van verkragting” walg my! Die kans is baie goed dat hierdie man sy “gesagsposisie” gebruik het om ‘n vrou te verneder, die waarheid sal uitkom, maar verkragting is ‘n baie teer en ernstige saak!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.