Man in hof wat glo ma, tweelingsuster vermoor het

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Man van Kaapstad, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ma en tweelingsuster doodgesteek het, het Vrydag die derde keer in die hof verskyn.

Vuyo Dondashe (22) het voor landdros Karen Scheepers in die Strand-streekhof verskyn. Die saak is tot Maandag uitgestel, wanneer staatsaanklaer Doreen van Zyl formeel gaan vra dat hy vir 30 dae se psigiatriese waarneming verwys word.

Tydens die waarnemingstydperk sal hy deur ʼn paneel psigiaters waargeneem en evalueer word.

Hy is Donderdagaand deur ʼn distrikgeneesheer waargeneem, waarna die psigiatriese waarneming aanbeveel is.

ʼn Verkeersbeampte, wat hom in die straat sien loop het met die mes wat hy glo gebruik het, het Dondashe verlede Saterdag in Lwandle in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet ·

Let tog asseblief op na die “koppe” van berigte. “Man wat glo ma, tweelingsuster vermoor het in hof” is koddig en onaanvaarbaar, want daar staan letterlik dat die moord in die hof plaasgevind het!
“Man in hof wat glo ma, tweelingsuster vermoor het” is korrek.

Phillip ·

Dagsê Peet

Dankie vir jou valkoog, die kop is gewysig.

Vriendelike groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.