Man wat glo meisie doodry weer in hof

hof-hamer

Argieffoto

William Taute (27), die man van Port Elizabeth wat glo twee jong meisies omgery het terwyl hy na bewering onder die invloed van alkohol was, sal Dinsdag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Taute wat as ʼn rekeningbestuurder by die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) werk, staan tereg op ʼn reeks aanklagte, waaronder strafbare manslag, poging tot moord, roekelose en nalatige bestuur, dronkbestuur, oormatige hoeveelheid alkohol in sy bloed en versuim om stil te hou ná ʼn ongeluk.

Taute is in Maart op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy woon tans op sy familieplaas in Vryburg, Noordwes, as deel van sy borgtogvoorwaardes. Ryno Scholtz, Taute se regsverteenwoordiger, het vroeër aangedui dat sy kliënt skuld sal ontken op die aanklagte teen hom.

Jayden Lucas (16) en Lorren Abrahams (20) was saam met ander vriende na bewering op pad na kadetopleiding van die Vloot toe hulle naby die Humewood-oorgang geloop het. Adv. Timothy van Rooyen, die staatsaanklaer, het voorheen gesê dat Taute na bewering teen ʼn hoë spoed in die pad af gejaag en die meisies getref het.

Lucas (16) is na die Livingstone-hospitaal geneem waar sy dadelik aan lewensondersteuningsmasjiene gekoppel is, maar dit is later afgeskakel en sy is oorlede. Haar vriendin was glo in ʼn kritieke toestand.

Van Rooyen het gesê Taute het glo ook deur ʼn rooi verkeerslig gery, geweier om by die ongelukstoneel stil te hou en by stilstaande motors voor hom verbygejaag.

Daar is vroeër aan die hof gesê dat Taute eers onlangs in sy pos by SAB begin werk het en van plan was om Suid-Afrika binnekort te verlaat om in Nieu-Seeland te gaan werk. Hy het sedertdien sy oorsese planne gekanselleer en sy paspoort is aan die ondersoekbeampte oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Done ·

Dronk bestuur is soos moord, en laat die moordenaar geen genade van die regsisteem ontvang nie, en as voorbeeld dien vir die red van ons.

Bloues ·

As hy dronk was, hoop ek hy kry n baie swaar tronkstraf. Mense wat drink en bestuur moet swaar gestraf word!

PD ·

Jus so erg wat hier gebeur het, ek glo nie al die bewerings is waar nie want ek ken hom persoonlik al was ons lank terug in kontak. Ek kry hom regtig jammer want ons almal maak foute en soms gebruik ons tipex om dit reg te maak en ander kere kan ons net bid. Weet die saak is verskriklik swaar op hom! wel vireerste keer sien ek dat daar regtig twee kante is aan n saak. Alhoewel ek nie goed praat wat hy gedoen het nie, maar dink die proses is erger op hom as wat eninge tronkstraf sal wees! Asb gooi die klippe onskuldiges!

tamboti ·

Nee wat PD, hy is ‘n lafhart om al die aanklagte teen hom te ontken. Slegs hartaanval of bewussyn verloor kan enigsins as verskoning gebruik word vir so ‘n misstap – en dit was nie die geval nie.
Sy wan-optrede het ‘n lewe gekos en baie pyn, hartseer en groot onkostes, die minste wat hy kan doen is om skuldig te pleit, ware berou te toon en een of ander vergoeding aan te bied. En jy wat hom ken behoort hom aan te moedig daartoe en nie te verdedig met “ek glo nie al die bewerings is waar nie” Verantwoordelike mense dra die gevolge van hul “foute”
En ek gooi graag klippe na ongeregtigheid! (let wel nie SA reg en onreg nie, ware geregtigtigheid)

m ·

Hoe ry jy iemand om en jaag net weg. Hoe leef jy met jou gewete saam. Party mense is ma net sonder n gewete gebore……

Karma ·

Kyk, ek gaan nou ‘n onbetrokke (neutrale) opinie van beide kante af lewer (ek hoop so):

Dit is tragies dat ‘n jong meisie in die fleur van haar lewe weggeruk is uit die lewe en van haar familie en vriende (weet enige iemand hoe die ander meisie vorder?). Maar ook – hulle het NABY die Humewood-oorgang geloop: hulle het nie OP of OOR die oorgang geloop nie (dit is nou, as hulle – soos ek aanneem – die pad gekruis het).

Wat meer tragies is, is dat een persoon gedink het hy is nugter genoeg om te bestuur terwyl hy nie was nie. Drank is ‘n snaakse ding – dit inhibeer mens se vermoë om rasioneel te dink en op te tree. Dalk het Taute die rooi robot geïgnoreer, toe die meisies omgery (wel teen ‘n hoë spoed, maar drank ……..), geskrik en uit “veg of vlug” reaksie gevlug, eerder as om stil te hou (en toe nóg ‘n oortreding begaan deur ander motoriste in gevaar te stel). To be continued ….

Karma ·

Om op my vorige kommentaar te volg:

Taute het verkeerd opgetree, dit kan niemand ontken nie. En ek praat dronkbestuur GLAD NIE GOED NIE!!! Hy het reeds sy werk verloor; vir sy lewe lank sal hy sit met ‘n kriminele rekord (wie sal hom ooit ‘n werk aanbied?); met ‘n kriminele rekord kan hy vergeet van NZ toe emigreer. Hy is ‘gevonnis’ tot ‘n lewenslange tronkstraf (sonder die tralies en tronkklere en dit dink ek is erger as enige werklike fisiese tronkstraf). Almal sal jare later nog steeds na hom verwys as “daai ou wat mos daai meisie doodgery het toe hy dronk was”. MAAR ….. dat hy aangedui het dat hy skuld op die klagtes ONTKEN, slaan my dronk (ekskuus vir die uitdrukking!). Jy moes geweet het, mnr. Taute, dat jy onkapabel was om te bestuur, tog het jy agter die stuur van jou motor ingeklim. Jy moes geweet het dat jy iets getref het, tog het jy nie gestop nie. Jou bloedtoetse/asem-analiseerder uitslae het gewys jy is oor die limiet – hoekom dit dan nog ontken en jouself wil verontskuldig? En die prokureur wat hom sal/wil verteenwoordig – hoe slaap jy snags?

@PD, ek glo alle sake het DRIE kante; myne, joune en die waarheid.

Ruben ·

Hy moet sit veraltyd n lewe vir n lewe hyt presides geweet wat hy doen toe hy wegry…sou hom die volgende dag oorhandig na die alkol uit sy bloed is gelukkig is hy gevang en hy kom nie weg met dit.

Mike ·

Nee wat ek bestuur gereeld onder die invloed,my hele familie sê ek bestuur beter so, as wannneer ek nugter is……………

tamboti ·

Mike, nie die plek om te spot…..en as jy ernstig is – jou familie gaan boet vir jou arrogansie!

PD ·

Ek sien werklik in wat elke persoon se en gewoonlik stem ek 100% saam maar dit is eerlik vir my sleg wat met die jong man gebeur het .Jus 1 fout en mens het hom reeds gebrand merk! Ek dink bloot die feit dat hy op al die bewerings onskuldig pleit is meer n regs-strategie en wel na n halwe bier is mens oor die limit en dit kan versekerlik nie beteken jy kan glad nie bestuur nie-ja ek weet dis teen die wet, maar dra jy elke liewe keer jou seatbelt as jy ry? die wegry: ek stel nie vir hom n verweer op nie maaaar sit jou self in sy skoen(moet nie net antwoord nie dink daaroor)jy tref iemand en daar is groep mense daar teen jou man alleen, daai groep mense is vol emosie .Maar dit maak dit nie reg nie! wat wel die saak harsteer maak is sy mens wees: hy het van die Kaap tot in die Noorde van AFrica met n fiets gery om geld in te samel vir minder bevoorgte kinders. Wel hy het n rek graad en het by n goeie firma ook gewerk en of hy sou NZ of nie sou hy waar hy kon kom n aanwins gewees het vir die samelewing! Maar dis uit my oogpunt en verstaan heel te mal die mense wat nie saam stem nie! dis net tragies dis al wat ek kan se!

Connie ·

Hom jammer kry vir wat mense wat nog nie n kind aan die dood afgestaan het nie weet nie wat ons as ouer deur gaan nie kom ek vertel jou dis hel meer hel as wat hy in sy lewe Sal deurmaak ek het n dogter 4 maande terug aan die dood afgestaan as gevolg van n dronk bestuurder in n kop aan kop botsing my kind het onherkenbaar verbrand ek moes 48 dae wag voor ek haar kom begrawe. Sy lewe gaan aan maar my kind is weg en ek as ouer treur elke minuut en sekonde oor my kind wat ek nooit weer kan vas hou of kan hoor lag nie tyd maak dit nie beter of maklikker nie dis lewende hel. Hy het goed geweet dat hy Moet bestuur voor hy begin drink het so daar is geen manier dat dit gesien kan word as n fout nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.