Man wat glo seun (10) probeer ophang, bly agter tralies

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man wat na bewering probeer het om ʼn tienjarige seun aan ʼn boom op te hang in Alberton aan die Oos-Rand, sal in polisieaanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.

Sers. Phora Nkuna, woordvoerder van die polisie, het gesê Limdana Zungu (48) is Maandag in hegtenis geneem nadat ʼn ooggetuie glo gesien het hoe hy probeer om die seun op te hang. Die seun was glo deel van ʼn groep wat klippe na voëls gegooi het. Dit het Zungu kwaad gemaak en hy het die seuntjie gegryp terwyl die ander weggehardloop het.

ʼn Ooggetuie het Zungu glo gekeer voordat hy die seuntjie kon ophang en hy is later in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord.

Nkuna het gesê Zungu het reeds in die Germiston-landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is. Nkuna kon nie die datum van die volgende hofverskyning bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Kan nie besluit of ek aan die klipgooier of Zunhu se kant is nie. Ek voer voels en dan probeer die spul langsaan hulle skiet, ek weet hoe kwaad word mens

Irene ·

Gooi klippe na voels wat van klippe te gooi na mense en karre dis hoe hulle groot gemaak word hoort in verbetering skool om ordentlik geleer word op harde manier

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.