Man wat glo tiener begrawe, vra nie borgtog

‘n Vlak graf. Argieffoto: SAPD

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy jong verloofde vermoor en in sy agtertuin in Kariega (Uitenhage) begrawe het, het besluit om nié aansoek om borgtog te doen nie.

Kyle Barnes (19) het Donderdag sy aansoek om borgtog in die plaaslike landdroshof laat vaar, sê Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Cynthia Williams (16) se liggaam is verlede Woensdag in Barnes se agtertuin in Bauhinisingel in Kamesh gevind. Dié tiener was glo swanger ten tyde van haar dood.

Daar word vermoed dat sy reeds op 11 Oktober met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is.

Barnes staan nou tereg op aanklagte van moord en sal na verwagting weer op 24 November in die hof verskyn.

Vicki Terblanche (42) (Foto: Facebook / Lala Fourie)

Die saak teen Reinhardt Leach (33) en Dylan Cullis (24) is intussen in die landdroshof in Gqeberha (Port Elizabeth) uitgestel vir formele borgtogaansoek.

Leach en Cullis sal na verwagting weer op 8 November in die hof verskyn in verband met die moord op die 42-jarige Vicki Terblanche.

Terblanche se liggaam is Saterdagoggend in ʼn vlak graf in ʼn oop veld in Greenbushes in Gqeberha gevind. Leach het haar Donderdag self as vermis by die polisiestasie aangemeld.

Leach was ten tyde van die moord in ʼn verhouding met Terblanche en het saam met haar gewoon.

Ngcakani sê die staat sal borgtog teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Shakespeare ·

Land van melk en heuning het versink in land van dood en verwoesting. Hartseer en skokkend.

Linx ·

Op 16 verloof en swanger,mensdom die lewe is vinniger as wat ek dit onthou,,,sterkte aan d families

Elmarie ·

Dit is wat gebeur as kinders probeer grootmens wees. 19j en 16j, swanger en verloof – sjoe

Charl ·

Selfde tipe geval as die een by Harrismith (skool), 19 jr oud en klaar iemand doodgesteek met ‘n mes ! Wat is dit met die jonges van vandag, geen ordentlike opvoeding met Christelike waardes en morele sedes, geen dissipline en geen respek vir ander (se lewens) nie !!

Vanessa ·

Al wanneer die moorde gaan end kry is as die doodstraf weer ingestel word. Daar is geen afskrik middel en daarom dat dit so toeneem. Verkragters en moordenaars hoort nie in die samelewing nie. Daar is bewyse dat hulle nie reabiliteer nie. Die tronke word vol en ons betaal vir hulle kos en verblyf. Ons het ook ‘n reg om veilig te voel in die land waar ons woon.

Die familie en ouers van Vicki se lewe is nou ook totaal verwoes en skuldiges gaan net aan met hul lewe, seker ook nog trots op wat hulle gedoen het.

Perdeby ·

Nou moet hy nie aangekla word vir verkragting nie, sy is mos nou eers 16 jaar oud, aldus die klagtes teen ander mans wat verhoudings met meisie van 16 het. Bring die doodstraf terug , en al hierdie tipe moorde sal ool stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.