Man wat glo twee in parkeerarea doodskiet voer selfverdediging aan

Bonkinkosi Khanyile Dinsdag in die hof. Foto: ANA

Bonkinkosi Khanyile Dinsdag in die hof. Foto: ANA

ʼn 57-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy Sondag twee broers tydens ʼn rusie oor ʼn parkeerplek by ʼn woonstelblok in Durban doodgeskiet het, het Dinsdag in die stad se landdroshof beweer hy het in selfverdediging opgetree.

Volgens die staatsaanklaer, Herman Mouton, het ʼn ooggetuie aan die polisie gesê dat een van Bonkinkosi Khanyile se twee slagoffers die ander een versoek het om ʼn geweer te gaan haal voordat hy op hulle losgebrand en Ahmed (25) en Mohamed (31) Vawda noodlottig gewond het.

Mouton het gesê volgens die ooggetuie het die beskuldigde en die eerste slagoffer oor ʼn parkeerplek baklei en het die slagoffer die beskuldigde aangerand.

Mouton het gesê die slagoffer se vrou het probeer om hom van Khanyile af weg te trek, maar in daardie stadium het sy broer opgedaag en ook begin om Khanyile aan te rand.

ʼn Veiligheidswag het glo ook vergeefs probeer om die bakleiery stop te sit.

“Die ooggetuie het in daardie stadium gehoor hoe een van die broers vir die ander een geskree het om ʼn vuurwapen te gaan haal,” het Mouton gesê.

Drie skote het kort daarna gevolg en die broers is doodgeskiet.

Khanyile het homself aan die veiligheidbeampte oorgegee wat hom in die waghuis aangehou het totdat die polisie op die toneel opgedaag het.

Jacques Botha, Khanyile se prokureur, het gesê sy kliënt, wat ʼn bestuurskool besit en bedryf, het regverdigbaar in selfverdediging opgetree.

Botha het aan die hof gesê dat die beste veroordeling wat die verdediging kan verwag strafbare manslag is.

Daar is vroeër berig dat die voorval omstreeks 17:30 in die parkeergebied van die Kingsford-woonstelle op die esplanade plaasgevind het. Khanyile het ʼn vakansiewoonstel daar en het tydens die voorval saam met sy twee vroue daar tuisgegaan.

Khanyile is op borgtog van R20 000 vrygelaat op die voorwaarde dat hy nie die vakansieverblyf besoek nie, sy paspoort inhandig en nie met enige van die ooggetuies inmeng nie.

Die saak is tot 22 September uitgestel aangesien daar nog vir bewysstukke gewag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Die man het twee vroue se julle. Dit wil voorkom asof veelwywery sekere mense se denkvermoe ernstig verwoes , kyk maar na die sg. president van die land.

pop ·

Gerhard wat het die hoeveelheid vroue nou te doen met die saak. Hy is deur 2 jong rammetjies aangerand, so wat het hulle verwag. Ek sou hulle ook geskiet het. Jong mense het geen respek vir ouer mense nie.

JWK ·

Pop, ek stem in ‘n mate saam. My opinie; nie “Respek vir ouer mense” nie, “Respek” punt. Hierdie twee rammetjies (rampokkers my opinie) het ook nie respek vir hulself gehad nie.

Winston ·

Leer hulle maniere ja. Nou het hulle dit net nie meer nodig nie. Ai toggie. Satan aanvaar nie verskonings nie. Hy lag lekker soos ons president se kekkel lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.