Man wat glo vrou voor dogters vermoor weer in hof

court-hammer_thumbʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy Annemarie van Zyl, ʼn winkeleienaar, voor haar kinders vermoor het, het Woensdag in die Kempton Park-streekshof verskyn.

Clement Kgothatso Ramawela (25) sal weer op 23 Mei in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

Ramawela is op 8 Maart in hegtenis geneem. Hy is glo ʼn voormalige werknemer van Van Zyl se winkel in Newtonstraat, het kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, in daardie stadium gesê.

Hy het die Saterdagoggend omstreeks 07:30 die winkel betree, en Van Zyl ʼn paar keer met ʼn skerp voorwerp aangeval. Hy het ʼn onbekende hoeveelheid kontant gebuit.

Van Zyl se twee dogters, onderskeidelik ses en agt jaar oud, was in die winkel toe die voorval plaasgevind het. Die agtjarige het hulp ontbied net nadat die man die winkel verlaat het. “Lede van die polisie was gelukkig daar naby op patrollie en het die man gesien. Hy is in hegtenis geneem,” het Mtshali gesê. Die man se hande was nog met bloed bevlek.

Ramawela word aangekla van sakeroof en moord. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maryn ·

Ek stem, Jasper. Daardie arme 2 dogtertjies wat nou sonder ‘n Ma is… Maar hy het nie daaraan gedink nie, dit maak my briesend kwaad!!

alet ·

Wil nog steeds weet die mense wat ander so dood maak en aanval is hulle suid afrikaaners of uitlanders laat die regering dit vir ons mense bekend maak sodat ons kan sien met wie ons tedoene het asb

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.