Man wat glo vyfjarige vermoor dood aangetref

Argieffoto

ʼn 28-jarige man wat in hegtenis geneem is omdat hy na bewering sy vrou en kinders Sondag tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld aangeval het, is dood in sy tronksel in die korrektiewe sentrum in Louis Trichardt in Limpopo aangetref.

Die man se vyfjarige seuntjie het ná die voorval aan sy beserings beswyk.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Kenneth Netsiongani is Dinsdagoggend aangetref waar hy in sy sel gehang het. Hy het verduidelik ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen, maar daar word in die stadium geen vuilspel vermoed nie.

Netsiongani het verlede week in die Waterval-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Hy was tydens sy inhegtenisneming uit op parool ná hy 15 jaar tronkstraf uitgedien het vir ʼn vonnis op aanklag van moord wat hy in 2010 opgelê is.

Netsiongani het glo sy vrou (25) en hul twee kinders, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, op 3 Desember verskeie kere met ʼn skerp voorwerp aangeval voor hy van die toneel gevlug het.

Die vrou en kinders is in ʼn ernstige toestand na hospitale gehaas, maar Andani Ngholele (5) het aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vra maar net ·

Iets klop nie hy het 15 jr uitgedien maar die vonnis is eers in 2010 opgelê. So dan moet ons nou in die jaar 2025 gewees het. En sy kinders is dan verwek terwyl by in die tronk was, hoe is dit moontlik.

Estie ·

Die man is 28 jaar oud en het reeds 15 jaar tronkstraf uitgedien vir moord. Hoe oud was hy dan toe hy die moord in 2010 gepleeg het – 13?

Diva ·

Hy was seker ‘n 15 jaar tronkstaf vir die moord in 2015 opgelê en het dus net 7 jaar daarvan uitgedien, dit beteken nie hy’t 15 jaar in die tronk gesit nie. Die berig noem duidelik dat hy op parool uit was. Die artikel is baie goed geskryf, dankie Maroela.

Cherokee ·

Ò Diva, watter koerant lees jy? In diè een staan geskryf ‘nà hy 15 jaar tronkstraf uitgedien het’.

Realis ·

Ek vermoed dit is presies wat aanleiding gegee het tot die moorde. Hy was se maar sewe jaar in die tronk. Tronk toe, toe hy 21 jaar oud was. Die twee kinders was nie syne nie.

Niki ·

Iewers maak iets nié sin nie….

Hy is 28jr our, maar het klaar 15jr gesit? Maw hy het Moord gepleeg tussen die ouderdom van 10-13…?

Net nie seker of ons tronke wel soos tronke oorsee is waar misdadigers wel mag trou en hulle huwelik ‘consummate’ nie… Indien nie, is dit defnitief nié sy kinders nie….

Miskien moet MM se skrywers spesifiseer hoeveel haar we’ll gesit was van die tydperk wat hom opgelê is, en how lank hy hy al uit is op parool… Dit maak leke soos ek erg deurmekaar en ek het klaar géén vertroue in die “justice system” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.