Man wat glo wou gaan dobbel, wis nie hy jaag

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Altesaam vyf mense is die aand van Goeie Vrydag in Gauteng weens spoedoortredings in hegtenis geneem.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het Saterdag gesê twee van die vyf verdagtes is in Pretoria aangekeer.

“ʼn 56-jarige direkteur van ʼn hysbakmaatskappy in Pretoria is omstreeks 20:21 deur die hoëspoedeenheid in hegtenis geneem. Hy het teen ʼn gemiddelde spoed van 225 km/h met sy swart Mercedes-Benz op die N1-snelweg gery,” het Nxumalo gesê.

“Hy was glo op pad na ʼn dobbelgeleentheid by die Carousel-casino en het aan beamptes gesê hy het nie geweet hy ry so vinnig nie.”

Vroeër die aand is ʼn 36-jarige makelaar ook op die N1-snelweg noord van die stad vasgetrek. “Hy is omstreeks 19:00 naby Hammanskraal aangekeer nadat hy 219 km/h met ʼn Mercedes-Benz gery het. Hy beweer hy was op pad na Polokwane en het nie besef hy ry so vinnig nie.”

Albei bestuurders is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose bestuur en dat hulle die spoedgrens van 120 km/h oorskry het. Die mans moet ná die Paasnaweek in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

MP ·

Lekker om n Benz so te ry dat jy nie spoed besef nie :) net jammer die straf wat nou volg is die lekkerte nie werd nie. Sterkte vir julle 2 spoedvrate

Basjan ·

Die ou wat wou gaan dobbel, dobbel nie net met sy eie lewe nie, maar ook met ander se lewens. Mag by sy verblyf in die selle geniet.

Stefaans ·

Aag Basjan. Jy ry seker n renault 9. As jy n Mercedes teen 200km/h ry is dit die selfde as om jou renault teen 80km/h te ry net meer veilig met die Mercedes

LB S ·

Stefaans, 200km/h IS onverantwoordelik verby! Maak nie saak of jy ‘n Porsche ry nie.
Ek is bly altwee sit met hulle basse in die tjoekie vir ‘n naweek! Dalk leer hulle nou al hul geld help nie altyd om hulself uit die moeilikheid te koop nie.

Basjan ·

Maak nie saak wat se voertuig jy ry nie, teen 200km/h het jy nie volle beheer oor daardie voertuig nie, veral as daar iets onverwags gebeur soos dat my Renault 9 voor jou teen 80km/h ‘n speed wabble kry, ‘n band bars en jy agter moet reageer op daardie noodsituasie.

Cherokee ·

‘…. veel veiliger’ sê Stefaans. Dit klink asof dit hy is wat ‘n Renault 9 ry en droom van groter en vinniger karre met onrealistiese verwagtinge. Nie baie lank gelede het ‘n staatsamptenaar met ‘n luukse voertuig ook so ver bo die toegelate spoedgrens gery toe ‘n vragmotor ‘n U-draai op die pad gemaak het voor hom. Die sogenaamde veiligheids aspekte en kenmerke het niks gehelp nie.

Hendrik van George ·

En daar dog ek BMW bestuurders is die idiote….

Lynette ·

Haha Hendik, selfde hier. So Stefaans sê vir ons “speed kills” geld nie vir Mercedes-bestuurders nie? Dus wanneer n hond voor hom sou inhardloop, kry sy MERCEDES skielik vlerke en vlieg bo-oor die hond?!

sug ·

Lynette die speed kills ding is nie regtig baie waar nie. As jy voor iemand inloop teen 60 kmh is jy ook dood, net so dood soo teen 200kmh. Vir die bestuurder/passasiers, dit is nie die spoed wat dood maak nie, maar die skielik stop, As dit net die spoed was wat doodmaak, moes ek al baie dood gewees het, ek vlieg gereeld, en dan teen 800kmh of meer. Nou die skielik stop teen 60 is net so dodelik soos teen 80 of 120. Hoe vinniger hoe beter die kans, maar om te se speed kills, aikona ek byt nie daaraan nie

Lynette ·

Sug – NATUURLIK is dit so dat spoed een v d redes is vir dood op ons paaie – jy het SOVEEL minder tyd om te reageer as iets skeefloop…..

Hê so 'n bietjie respek ·

Sluit die kar rn gooi die sleutels VÊR weg!!!
Hulle hoort nie agter ‘n stuurwiel nie.

WitBlits ·

Daar slaat hulle sommer die “jackpot” in ‘n oogwink en kan die naweek ook sommer paaseiers in tjoekie geniet!

Alida ·

Ek wonder hoeveel taxis is afgetrek vir oorlading. Die busse het mos gestaak!

Benz Eienaar ·

Keur glad nie goed dat hul spoedgrens oorskrei het nie MAAR moet in hul verdediging sê dat die tipe voertuig so is dat jy regtig nie agterkom hoe vinnig jy ry nie. Vir daardie rede gebruik ek my kar se “cruise control” permanent. Veilig wees almal

Fly on the wall ·

Stem 100% saam. Jy kom nie agter hoe vinnig jy ry..ons kar doen 0 tot 100km in 3.7 sek..speed control is ‘n moet

Knapie ·

As al die ander “idiote” op die snelweg skielik begin kruip, dan is dit n goeie aanduiding dat jý die een is wat nie op spoed ry nie…

André ·

Ek kyk ten minste elke 10 sekondes na my spoedmeter terwyl ek ry. Doen dit al oor die 20 jaar. Ek weet altyd hoeveel ek ry.

Christien ·

Hulls het seker nie die handleiding gelees hoe om die ‘speed control’ the aktiveer nie.. Ha ha.. Sit maar in die selle tot Dinsdag.. Dan is hulle nie vir iemand n gevaar op die pad nie

Chris Ws ·

Dis absolute snert dat die 2 spoedvrate nie besef het hulle ry so vinnig nie!Hemel mense enige graad eentjie kan al onderskei tussen stadig en vinnig.Daai voertuie het almal spoed beheer toestelle so daars GEEN verskoning nie.Ek se skort hul bestuurslisensies op vir ten minste 12 maande saam met ‘n boete van R50,000 plus.Hierdie mense gaan ander onskuldige mense se lewens verwoes een of ander tyd.

Lynette ·

Dit is absoluut GEEN verdediging nie! Ek weet wanneer mens goeie motors bestuur, kan mens maklik 30 – 40 km oor die spoedgrens gaan. maar 105 KM?! Dis ONMOONTLIK om teen daardie spoed dit nog nie “agter te gekom het nie”! En is ‘n bestuurder veronderstel om “agter te kom” hoe vinnig hy ry of is hy veronderstel om gereeld OP SY SPOEDMETER TE KYK?! Hoekom dink julle ALLE motors se spoedmeters sit REG VOOR JOU NEUS wanneer jy bestuur?! ALLE goeie motors het buitendien “speed-control” – hou op verskoning soek vir hierdie tipe arrogante bestuurders – 105 km OOR DIE SPOEDGRENS VAN 120km?? En dis MY EN MY FAMILIE se lewens wat hy in gevaar stel? Basta met verskonings soos “jy kom regtig nie agter hoe vinnig jy ry nie” – dis belaglik, soos ek gesê het, teen 160km het jy definitief al “agtergekom”.

Eugene ·

Gelukkig nie in n B’em want dan het hulle regtig vinnig gery…250’s+

SARIE VAN HEERDEN ·

Daar is deur kundiges beweer dat as dit reen moet mens nie jou spoedkontrole gebruik nie omdat wiele/bande onstabiel op pad is agv water daarop. En dis waar dat mens nie altyd met die groter luukse motors agterkom hoe vinnig jy ry nie en daarom moet jy jou oog op die spoedmeter hou. Hoe veilig is daardie paar sekondes wat jou oog van die pad is? Ek weet nie.

Scalla ·

Sy verweer aan die landros was dat hy alles vinnig doen soos eet, werk, loop , ry , ens, Gee hom 3 jaar tronkstraf, kom ons kyk hoe vinnig doen hy dit,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.