Man wat hom as dokter voordoen in hof

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

’n Man verskyn Donderdag in die Johannesburg-landdroshof nadat hy hom na bewering as ʼn mediese dokter voorgedoen en pasiënte onregmatig behandel het.

Volgens kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, is die man (34) Dinsdagaand in die stad in hegtenis geneem nadat ʼn polisiebeampte aan diens vroeër die dag deur ʼn vrou voorgekeer is.

Die vrou (20) het aangevoer dat sy deur ʼn man ondersoek is wat hom as ʼn dokter voorgedoen het, maar dat sy ʼn vermoede het dat dié persoon nie as ʼn gekwalifiseerde dokter praktiseer nie.

Sy het verduidelik dat haar toestand vererger het nadat sy dié dokter gesien het. Sy het gevolglik na ʼn hospitaal toe gegaan waar sy die medikasie wat die sogenaamde dokter vir haar gegee het, aan dokters gewys het. Dié pille was bloot vitamientablette, sou die vrou later hoor.

Volgens Mbele het die polisie na die man se spreekkamer gehaas waar hy juis besig was om nog ʼn pasiënt te ondersoek.

Polisiebeamptes in siviele drag het daarop ʼn afspraak gemaak om die dokter te sien onder die voorwendsel dat hulle ook pasiënte is.

Die man het gedurende die konsultasie aan die polisiebeamptes gesê dat hy ʼn dokter is, maar nadat hulle hul as polisie geïdentifiseer het, gebieg dat hy eintlik by die ontvangs werk.

Die man verskyn vandag in die hof op aanklagte dat hy hom as ʼn mediese dokter voorgedoen het, het Mbele aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

TRUST ME, I am a DOCTOR!!! Ek reken sy pasiente het dalk gedink sy wit jas was goed genoeg vir ‘n konsultasie! He-he-he!

ne ·

Nou het ek ALLES gehoor! Waar was die dokter? Of is hy aangesê om pasiente te “ondersoek”? Lekker land die, More ondersoek hy weer pasiente want ‘n tik oor die vingers is mos genoeg in SA.

ES ·

Glo vir my – vir hierdie tipe oortreding kan jy langer tronk toe gaan as vir moord. So moenie so seker wees dat hierdie net ‘n raps oor die vingers gaan wees nie.

Elna ·

Ek wonder net hoeveel mense is daar buite wat hulle self voor doen as dokters. Indien mens so luister na sekerre dokters se diagnose en dan gaan mens vir n 2de opinie dan stem die diagnose nie oor een nie.

GM ·

Sy ouers het seker vir hom gesê hy kan enige iets word wat sy hart begeer, droom groot ;-)
Dat hy nou gedink het hy sal nie gevang word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.