Man wat hom as prokureur voordoen gesoek

Lucas Luthi. Foto: Verskaf

Die Valke in Noordwes is op soek na ʼn man wat homself as ʼn prokureur voorgedoen en selfs ʼn moordverdagte in ʼn hof verteenwoordig het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê die man se naam is Lucas Luthi, maar dit is nie duidelik of dit moontlik ʼn skuilnaam is nie.

Luthi het in April en Mei verlede jaar die Taung-landdroshof besoek waar hy homself as ʼn regsgeleerde voorgedoen het. Hy het daar ʼn beskuldigde in die hof verteenwoordig en is in kontant vir sy “regsdienste” betaal.

Op 30 Mei vanjaar het Luthi ʼn beskuldigde wat van moord aangekla word tydens ʼn borgtogaansoek verteenwoordig. Tydens die hofverrigtinge het die landdros vir Luthi na sy kantoor ontbied en gevra dat hy ʼn geskrewe bevestiging van sy naam op die prokureursrol en bewys van sy kwalifikasies aan hom toon. Luthi het geantwoord dat hy die dokumente in sy motor sal gaan haal en hy is nooit weer gesien nie.

Rikhotso het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat weet waar Luthi homself bevind om ao. Motlhaoleng van die Valke op 071 481 2696 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

The great pretender …. Daar kan van hom ook ʼn fliek gemaak word.

Scalla ·

As ek so na sy lip kyk was hy al n paar keer warm geklap, hoe kry die arrogante skelm dit reg om in die eerste plek in die hof te wees.

Johann ·

Wel…in ag genome die standaarde van toepassing vir se nou maar n PRESIDENT….wats die issue oor n regskwalifikasie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.