Man wat in see verdwyn steeds vermis

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

ʼn Soektog is onderweg by die Oos-strand in Oos-Londen nadat ʼn man omstreeks 08:00 Saterdag in die golwe verdwyn het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die plaaslike NSRI-lede is saam met die polisie, die polisie se K9-eenheid en die munisipale brandweer- en nooddienste na die strand ontbied, nadat ʼn verdrinking aangemeld is.

“Die man, vermoedelik is sy 40s, is laas gesien waar hy in die see geswem en toe in die moeilikheid geraak het. ʼn Soektog is dadelik van stapel gestuur,” het Lambinon gesê. “Ten spyte van ʼn uitgebreide soektog is die man egter nog nie gevind nie. Die polisie se duikspan is steeds besig om na hom te soek.”

Volgens Lambinon is die man vermoedelik deur sterk seestrome meegesleur. Hy het gesê die man is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.