Man wat karwag glo omry in hof

‘n Skermskoot uit die video toon hoe die veiligheidswag voor die bakkie staan. (Video: Intelligence Bureau SA)

Die man wat na bewering agter die stuur van die voertuig was wat verlede week bo-oor ʼn motorwag in die parkeerarea van ʼn winkelsentrum in Stellenbosch gery het, het Vrydag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

Johan Steyn (38) word aangekla van poging tot moord nadat hy volgens die staat op 30 April vir Mzwanele Velem by Die Boord-sentrum met sy bakkie gestamp en daarna oor hom gery het.

Die ondersoekbeampte in die saak het versoek dat Steyn R10 000 borgtog moet betaal, maar die landdros het borgtog van R2 000 aan Steyn toegestaan. Die feit dat hy hom vandeesweek aan die polisie oorgegee het, het in sy guns getel.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die voorval het vroeër die week opslae op sosiale media gemaak. Dit wys hoe ʼn wit Corsa-bakkie die parkeerarea binnekom en in ʼn parkeerplek intrek. Die beeldmateriaal spring dan na waar die voertuig ʼn ruk later uit dié parkeerarea trek.

Die veiligheidswag probeer die verkeer reguleer en staan effens voor die bakkie. Die bakkie ry dan oomblikke later oor die veiligheidswag wat vermoedelik nie uit die pad wou beweeg nie.

Die saak is tot 27 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Cherokee ·

‘Die feit dat hy hom aan die polisie oorgegee het, het in sy guns getel.’ Dit het in sy guns getel omdat hulle hom tog sou opspoor en hy sou nie die selfde dag uit gewees het op borg nie.

JSO ·

Dit behoort TEEN hom te tel dat hy van die “ongelukstoneel” weggery het!

Johan ·

Dit is ‘n padwoede voorval wat weereens wys dat onbeheerde aggressie uiters onvanpas en onnodig is

Pieter du plessis ·

Die sapd sou die ou miskien nooit opgespoor het nie ons almal en ek glo die landdros ook ken ons polisie se vermoë

Hendrik ferreira ·

Miskien in Europa of Australia maar maar hy is nie n perlemoen dief nie die kanse is groot die polisie sou hom nooit vang nie.

Jan ·

Mense mense mense.. Julle is vinnig om te oordeel. Die motoris was amper ge hijack. Hulle het hom ingeblok van altwee kante af. Kyk die vrou aan die regterkant met die rooi bloes. Hou haar mooi dop. Sy het begin hardloop VOOR die motoris oor die wag gery het. Sy het iets gesien in die kar wat van voor af gekom het wat haar laat skrik het.

JSO ·

MM – Dis nie dat die wag NIE uit die voertuig se pad wou beweeg nie. Die yslike groot geverfde pyle op die teer wys tog duidelik in watter rigting voertuie moet beweeg. Het julle dit misgekyk?

Pieter du plessis ·

Die probleem met van die afrikaanse mense is hulle is al so gebreinspoel en geprogrammeer om bevele te ontvang hulle kan nie meer vir hulself dink nie is die karwag onnosel om voor n voertuig te bly staan dit is soos mense wat 120km in die regter baan ry en uit moedswilligheid nie oor beweeg na die linker baan om vinniger verkeer te laat verby kom nie wie het julle as verkeerspolisie aangestel?

Stan ·

‘n pad is gemaak vir karre!
Die karwagte is ‘n irritasie en lewer nie regtig ‘n diens nie.

Jaco ·

Ek het laasweek amper n karwag omgery, ek was besig om in n parkering in te reverse, halfpad in, klein spasie tussen my kar en die kar langs my oor, toe die kar wag agter my kar inspring (om my nou te “help”) dis nou toe daar waar hy neer val.
Kar wagte is 90% van die tyd net in die pad. Ek verkies die enkele paar winkelsentrums waar daar geen kar wagte is nie.

Eben ·

Karwagte is ‘n probleem en men’s kan nie onderskei tussen ‘n karwag en ‘n krimineel nie. Moet men’s eers vir die ou wat voor jou inspring vra of hy ‘n krimineel of ‘n wag is voordat Jy probeer om jou eiendom Te beskerm. My skoonseun het ‘n week gelede uirgeswaai vir ‘n voetganger en amper food verongeluk. Drie dae later swaai ‘n friend, op sy motorfiets, uit vir ‘n motorfiets en verongeluk.

CS ·

Hy is nie n verkeersbeampte om verkeer te reguleer nie. Hoekom voor die voertuig bly staan tot dit in woede oor gaan. Hoe lank het die bestuurder gewag vir die sogenaamde beampte om uit die pad te beweeg. Is dit van ons self aangestelde wagte wat n geldjie verlang vir ongewenste dienste gelewer. Vra maar net

Charlene ·

Ja, en as ‘n vrou net haar mond hou en doen wat haar man se, sal sy nie geslaan word nie, ne?
Hoe weet jy dit is nie in opdrag van die sentrum bestuur wat die karwagte aangese word om seker te maak dat mense nie TEEN DIE REELS in die verkeerde rigting ry nie? Hoekom sou ‘n karwag verwag dat ‘n ongehoorsame landsburger hom sou omry, dat hy moet wegbeweeg, wanneer hy net aandui dat die bestuurder moet omdraai. Your argument is invalid.

ThinusP ·

Dit lyk nie vir my na padwoede nie. Dit lyk eerder of hy vasgekeer was tussen die wag en die motor agter hom. Na my mening het hy gevrees vir sy lewe en uit nood so vining moontlik padgegee.

GM ·

Stan, ja, van die karwagte is irritasies, ander is weer baie behulpsaam. Mens kry van albei tipes in elke beroep. En die ‘irritasies’ het ook geliefdes. Ten minste staan die ‘irritasies’ nie net met ‘n bordjie en bedel nie, hul kom help ons mamma’s wie kinderhandjies moet vashou en terselfde tyd pakkies moet uitpak, en so ook ouermense wie se kinders van hul vergeet het.
Tensy jou lewe bedreig word, kan ek nie insien hoe enige iemand die omry van ‘n ander persoon probeer regverdig nie.

Zoro ·

Dis gevalle soos dié wat die land se veiligheid in gedrang bring – ek dink die wag wou net keer dat die ou nie teen die verskeer stroom in ry nie – en om nog aan te ry Ai!

PJC ·

ń Mens het regtig baie geduld nodig met sommige van die sogenaamde karwagte. Met sommige mense wie se stres en frustrasievlakke baie hoog is kan dit nogal tot sulke inside te lei. Miskien moet hierdie karwagte dalk geleer word om nie motoriste nog verder te ontstig as wat hulle reeds is nie want dit is ń resep vir ń ramp.

LINDA ·

As n mens se stres en frustrasievlakke te hoog is om in beheer van dit te wees moet jy liewer jou voete vat en by die naaste psgiater sielkundige of Famsa wat gratis beskikbaar is aanloop. In howe is dit selde dat mense se lisensies tydelik vir tot n jaar opgeskort word en ook dat hulle anger management kursusse bywoon. Of selfs as iemand sterf gevangenisstraf kry. HET HY AL IEMAND AAN DIE DOOD AFGESTAAN? Hy is onopgevoed…..

Ellisras ·

Ek gaan nog in trurat oor ‘n kar wag ry. Ek het al vir ‘n paar beduie daai knoppies op buffer laat ‘n toeter skree. Hy moet wegbly. Ek het nie ‘n idee of dit die kar wag of ‘n ander voertuig is nie. Hoeveel motordiefstal het “wagte” al gekeer?

ThinusP ·

Zoro, kyk tog asseblief weer die video, maar kyk hierdie keer mooi. Die man was vasgekeer.

Albie ·

Wat ‘n patetiese argument om te probeer sê die bestuurder se lewe was in gevaar en om die karwag die skuldige te maak.

ThinusP ·

Albie, is dit nie pateties om ‘n stelling te maak as jy nie die video gekyk het nie, Ai ja jai!

Albie ·

ThinusP, Ai ja jai, die video is op die internet beskikbaar. Lewer jy jou kommentaar op ‘n video wat nie op die internet beskikbaar is nie?

Erica ·

Ek kan net ook sê…. Hulle staan só naby my motor terwyl ek agteruit ry, dat ek al verskeie kere moes stop, my ruit afdraai en vra GEE ASB PAD AGTER MY, EK GAAN JOU RAAKRY…..EN, EK KÁN SIEN WAAR EK MOET RY, DANKIE!?. Johan Steyn het seker net ‘n emosioneel belaaide dag gehad en toe knak hy?

Pinkie ·

Karwagte staan gewoontlik reg agter my motor as ek wil reverse. Wys my hoe om te draai met my alarm wat heeltyd “piep piep piep” want daar is iets agter my voertuig. Later weet ek nie meer of ek in ‘n ander motor inry en of dit die wag is nie. Hulle maak my m.a.l. ! Ek het my lisensie en versekering, dankie!

SjN ·

Op grond van wat het die ondersoekbeampte die borg bedrag versoek, die landros het reg opgetree. Mag die waarheid uitkom.

johan ·

Hoekom moet daai deel eenrinting wees dis net so breed soos al die ander ryvlakke wat tweerigting is in dieselfde parkeer area , reels reels reels en nog stupid reels wat van sit sommer n paar spoed hobbels in, wie maak altyd die stupid reels .Almal scramble op n mooi manier vir parkering wat altyd in die volgende baan is soos die Golf ons wys . Dat dit verkeerd is om iemand raak te ry is verseker. Net nog n opinie

Anna Bella ·

Verbied karwagte by sentrums, hulle harass net mense, en voer ‘n skrikbewind, dreig selfs mense as hulle NIE sou fooitjies gee nie.

Sjoe! ·

Dit is ‘n vreeslike hartseer en skokkende video. Ek het probeer verstaan (kyk) wat presies kon gebeur het maar natuurlik is dit nou nie moontlik nie. Hoe dit wel lyk is dat die Golf agter hom net moes reverse het sodat hy kon plek het om om te draai en daardie vrou wat die rooi hemp aan het het dalk nie geskrik nie maar begin hardloop toe sy die swart kar sien wat haar dalk moes kom oplaai het. Maar alles kom neer op ongeduldigheid. Daai Golf sou amper in die bakkie vas gery het. Sterkte vir die karwag en die bestuurder.

Lastig ·

Karwagte is lastig.
Hoe moes die ou sy voertuig omdraai met ‘n voertuig wat van agter af kom?
Die karwag moes ‘geepad’ – ek is seker die bestuurder het hom gewaarsku, maar hy wou nie luister nie. Dit maak dit nie reg nie, dis definitief bietjie verregaande.
Maar die dag gaan ook kom wanneer ek per ongeluk in een gaan vas’reverse’.

Spook op thaba ·

By Pretoria Dieretuin se die sogenaamde karwag vir jou hoeveel wil hy he . En dit n paar honderd rand. Anders word jou kar beskadig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.