Man wat ma opgrawe in hof

Van die beendere wat in die huis aangetref is. Foto: Verskaf.

Bonolo Lesetja (21), die man wat daarvan beskuldig is dat hy sy ma se beendere opgegrawe het, het Vrydag in die Lebowakgomo-landdroshof in Limpopo voorgekom.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê sy saak is uitgestel na die 14de Maart.

Maroela Media het vroeër berig  die polisie in Lebowakgomo het die man in hegtenis geneem in verband met die skending van sy ma se graf in die Dithabaneng-nedersetting in die Ga-Mphahlele-omgewing.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is glo in Desember 2017 na die plaaslike begraafplaas en het begin om sy ma, wat al in 2001 begrawe is, se graf op te grawe totdat hy uiteindelik in Januarie vanjaar op die beendere afgekom het en dit saam met hom huis toe geneem het. Die man was vier jaar oud toe sy ma dood is.

Lede van die gemeenskap het volgens Ngoepe Maandag gesien hoe die man in die nedersetting rondbeweeg met ʼn menslike kopbeen en onmiddellik die polisie in kennis gestel.

“Die polisie het vinnig gereageer en het die volledige menslike geraamte in die verdagte se huis aangetref en hom in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die voorlopige polisieondersoek het ook aangedui dat daar baie beesbeendere in dieselfde huis aangetref is en dat die verdagte soms sy ma se kopbeen in ʼn sak gedra het as hy winkel of bank toe gaan omdat hy geglo het dit sal hom teen enige gevaar beskerm.

Ngoepe het gesê daar kan nog nie bevestig word of die man ʼn sangoma is nie en dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hanna ·

Sangoma of n demoon? Dis beslis een van die twee (of dalk beide?) en geen haan sal hieroor verder kraai nie. Siek!

Wil net sê ·

Sangoma? Demoon? Dalk, nie beslis nie. Het iemand al daaraan gedink dat hierdie dalk die aksies is van ‘n getraumatiseerde mens? Of dalk iemand wat só desperaat na sy ma verlang, dat hy bereid is om haar op te grawe. Onthou, hy was net vier jaar oud toe sy ma oorlede is. Dat die man dalk intellektueel gestremd is? Daar is baie moontlikhede. En as hier dan demone ter sprake is, moet ons liewer bid dat daar verlossing daarvan kom en dat daar wel geen haan verder kraai nie

Mickey muis ·

Ek stem saam. Mense is ook oningelig en kan dan maklik by verleerde goed betrokke raak. Mense is soekend en as jy groot word met sekere informasie en sekere rituele wat jou werklikheid is, is ander waarhede moeilik om te glo.

foxi ·

Mense se koppe haak ooral uit! Dink dom goed uit en glo dit…….

Peet NEETHLING ·

Maroela. Dis my tweede poging oor die kop van die berig: Man wat ma opgrawe in hof. Dit kan tog nie wees nie en behoort te lees: Man wat ma opgrawe verskyn in hof .

Lerato ·

Slim mense wat presies weet wat hier gebeur het. Soveel sangomas het nog nie saam gesien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.