Man wat meisie as prostituut aanhou, swaar gestraf  

Augustine Omini Obono het die minderjarige meisie drie maande lank as prostituut aangehou. (Argieffoto: Unsplash)

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ’n 44-jarige man drie keer lewenslank tronk toe gestuur vir mensehandel, verkragting, statutêre verkragting en die seksuele uitbuiting van ’n minderjarige.

Augustine Omini Obono, ʼn Nigeriese man wat in Pretoria woon, is voorts aan ontvoering skuldig bevind én dat hy ’n bordeel bedryf. Hy moet onderskeidelik drie en sewe jaar tronkstraf vir dié misdrywe uitdien.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die kantoor van die drekteur van openbare vervolging, het gesê dat Obono in September 2016 met behulp van ’n vrou, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, ’n 12-jarige meisie na ’n woonstel in Sunnyside gelok het.

Daar is aan die meisie belowe dat sy taxi-geld sou ontvang om die volgende oggend na Mamelodi te gaan.

“Obono het die minderjarige drie maande lank in sy woonstel as prostituut aangehou waartydens hy haar bedwelm het. Die minderjarige moes onder dwang seks met vyf tot ses mans per dag gehad het.”

Die meisie het in Desember 2016 ontsnap en na haar oom in Mamelodi gevlug. Hy het die polisie in kennis gestel en die meisie het die polisie na die woonstel geneem waar sy aangehou is.

Die polisie het Obono in sy woonstel aangekeer en in hegtenis geneem.

Volgens Mahanjana het die Nasionale Vervolgingsgesag se eenheid vir seksuele oortredings en gemeenskapsake die meisie vir berading gestuur.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pampoen ·

Dit is baie algemeen bekend dat Nigeriers die sondebokke is as dit by ‘drugs’ en bordele kom. As mens dit sê, dan word jy uitgemaak as xenofobies, maar êrens moet daar ‘n lyn getrek word! Ons kan sekerlik nie toelaat dat die vreemdelinge ‘n misdaad hool van Suid Afrika maak nie!

Hennie J ·

So hy moet nou 3 x lewenslank plus 3 + 7 jaar tronkstraf uitdien en dit op ons koste. Binne die tronk gaan hy voort met sy streke en binne 8 jaar is hy op parool. Bring terug dwangarbeid vir bandiete, maak die tronk wat dit behoort te wees naamlik n TRONK en plek van straf en sien die merkwaardige afname in misdaad.

Blikkies ·

Nigeriers vat die hele land oor, self kleiner plattelandse dorpies en dit is al manier hoe hulle oorleef, om ons jeug aan dwelms verslaaf te maak en dan uit te buit of hulle te ‘Pimp’. Dit is ook ‘n duiwelse euwel wat die owerhede gerieflik miskyk want hulle betaal die SAPS lede om stil te bly en hulle te beskerm.

David ·

Ek sien hom liewer agter tralies, met my belasting geld, as besig om ons kinders te vergiftig en te verkoop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.