ʼn Man van Secunda in Mpumalanga het Dinsdag op ʼn liggaam afgekom toe hy met sy honde in die veld buite die dorp gaan stap het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die oorledene, ʼn man in sy 50’s, het op sy rug in die middel van ʼn oop veld langs die R580 (Evander)-pad naby Uitbereiding 23 gelê.
“Die man het noodlottige kopbeserings opgedoen en het verskeie kneusplekke regoor sy liggaam gehad,” het Meiring gesê. “Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”
Die polisie is op die toneel om verdere ondersoek in te stel. Meer inligting volg.
Sjoe dit is vreeslik om van jou dorp so te lees.