Man wat ná ongeluk in vangwa gegooi is, in hospitaal opgeneem

Nico Combrink word in die vangwa gelaai. Foto: Verskaf aan Maroela Media.

Nico Combrink word in die vangwa gelaai. Foto: Verskaf aan Maroela Media.

Nico Combrink (53), die boer van Mogwadi (Dendron) in Limpopo wat twee weke gelede deur polisiebeamptes in ʼn vangwa geboender is nadat hy in ʼn motorongeluk betrokke was, is Maandag in ʼn hospitaal opgeneem.

Nico se vrou, Alta, het Dinsdag aan Maroela Media gesê haar man was ná die ongeluk en daaropvolgende inhegtenisneming, waartydens hy glo hardhandig deur beamptes van die Namakgale-polisie hanteer is, gedurig in pyn.

“Hy was al by twee dokters en het medikasie ontvang, maar sy toestand wou nie verbeter nie. Ek het hom gister na ʼn hospitaal in Polokwane geneem waar daar verdere toetse op hom gedoen is,” het Alta gesê.

“Nico se ribbebene is gebreek en dit het bloeding op sy longe veroorsaak. Hy word nou behandel om van die bloeding ontslae te raak.”

Dit is nog nie duidelik of Combrink se ribbe tydens die ongeluk gebreek is, of weens die beweerde hardhandige behandeling van die polisiebeamptes nie.

Maroela Media het vroeër berig Combrink, wat op chroniese medikasie is, was op 28 Junie omstreeks 10:15 op die R71 tussen Namakgale en Gravelotte in ʼn ongeluk betrokke.

Jaco Gericke, ʼn paramedikus van Maponya 911, is na die toneel ontbied. Volgens Gericke was die pasiënt steeds agter die stuurwiel van die bakkie en het geskok en bleek gelyk. “Hy het moeilik gepraat en sleg gelyk. Ek het hom vinnig ondersoek en oor sy gesondheidsgeskiedenis uitgevra en hy het gesê hy het al voorheen hartprobleme gehad,” het Gericke destyds gesê.

Volgens Gericke is hy terug na die ambulans om die EKG-masjien te gaan haal en toe hy weer sien het vier polisiebeamptes die man glo hardhandig uit die bakkie gehaal, hom op sy bors geslaan en agter in ʼn vangwa geboender. Die beamptes beweer hy het dronk bestuur en was aggressief.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming bevestig.

“Die man is na die Maphutha L Malatjie-hospitaal geneem vir waarneming en bloedtoeste,” het Otto gesê. Hy is daarna op waarskuwing vrygelaat.

Combrink het die volgende dag in die Namakgale-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur, dronkbestuur en verset teen arrestasie. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 27 September uitgestel vir verdere ondersoek. Die beweerde aanranding word ook ondersoek.

Alta het gesê hulle het reeds met hul prokureur vergader en beplan stappe teen die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Maryna ·

Dankie tog dat hy uiteindelik in hospital opgeneem is vir behandeling! Alle voorspoed en gou gesond word.

Gerd Lourens ·

Mev Combrinck. Open asb ‘n trustrekening by die prokureur sodat ons kan bydra met julle saak.

Baie sterkte aan jou en jou man.

Kaufman ·

Wat was die uitslag van die bloedtoetse, was hy oor die limiet of nie? As hy nie was nie is dit brutale menseregteskending wat media dekking hier en oorsee moet kry. Amerika en Europa is reg om van die tipe gebeure te hoor, hulle media staan gereed, gebruik dit asseblief. En gaan voort met die regsproses, julle sal dit groot wen, ongeag wat bloed toets se.

Hannelie ·

Ek hoop regtig sy vrou en hy vat die verder. Dagvaar die SAPS en sy beamptes sodat hulle geskors word, jammer maar aan die foto kan duidelik gesien word hulle behandel hom soos ‘n stuk dooie vleis of iets. EN hulle moet weer vir opleiding gaan, jy kan nie as iemand in ‘n ongeluk is hom in ‘n vangwa boender net omdat jy “dink” hy is onder die invloed nie. Moenie dink nie want julle kan nie. Hoekom was die mediese personeel dan daar? Ek sê jou die foto wys uit en uit die geweld….. Stem saam Kaufman hierdie dekking moet oorsee gestuur word. Sodat hulle kan sien hoe word SA’s behandel.

Scalla ·

Wag eers vir die bloeduitslae en neem dan die nodige stappe, hoekom is daar nie eers gewag dat die paramedikus die nodige ekg, ens gedoen word nie of is hulle opgeleide medici wat self diagnose doen slegs op grond van waarneming. Vra maar net.

Kaufman ·

Selfs al was hy dronk en aggresief mag die polisie hom onder geen omstandighede verwyder het voor hy deur die paramedikus geevalueer of behandel was nie. Selfs vlugtende misdadigers wat in n ongeluk is moet eers mediese behandeling kry, dit is n mensereg en die polisie MOET boet vir wat hier gebeur het, en die wereld MOET uitvind!

Griki ·

Nee, Scalla, hulle is ‘n klomp bullebakke wat dink hulle kan doen net wat hulle wil omdat hulle uniform dra. Mnr Combrink moet kriminele aanrandingsklagte teen hierdie polisiebeamptes persoonlik indien.

LS ·

Kan nogsteeds nie glo dat so iets gebeur het nie, dit is verregaande !!!

petoors ·

Was dit 4 wit polisie lede op n swart man, was dit weer rasisme. Hierdie is rasisme in die ergste graad, maar dis mos net eensydigheid wat seevier op einde van die dag

Hugo Diedericks ·

Jy is korrek en volgens die media het rassisme n primere kleur….skande!

Regtig onnodig ·

Regtig onnodig en onprofessioneel. Ek stem saam met Scalla, wag vir bloedtoetse – alhoewel Nico behoort te weet of hy alkohol ingeneem het of nie. Maak nie saakw at uitslag vir bloedtoetse is nie, dit is nie hoe ‘n ongeluks toneel hanteer word nie, die paramedikus moes eers sy werk gedoen het en indien die Polisie vermoed het die man is onder die invloed kon hul agter ambulans hospitaal toe gery het en nodige bloed toetse gedoen het, as jul egter wag vir toetse en dit is negatief kan jul regtig ‘n groot verskil in hierdie onregmatige optrede maak, soos die ander aanraai, stuur uit in die nuus, dankie Maroela ons moet maar almal ons deel doen om hierdie onmenslikheid stop te sit!!!!

Charl ·

Nie net onprofessioneel nie, maar krimineel om iemand wat in n ongeluk betrokke was so te behandel. Ry hulle.

Karma ·

Die dom donderslae van polisiemanne – dit is hulle wat die SAPD ‘n sleg naam gee! Duidelik, uit die foto uit, behandel hulle die man hardhandig.

Ek dink ek kan met redelike veiligheid aanneem dat mnr. Combrink ook ‘n diabeet is, buiten sy hartprobleem (dit gaan gewoonlik hand aan hand met oorgewig). Ek is self ‘n diabeet en het een aand by die huis in ‘n halwe koma gegaan a.g.v. my bloedsuikervlak wat getuimel het. ‘n Mens is dan soos ‘n “dronkie” – jy praat onsamehangend, is slap en nie-reaktief, wissel die een oomblik van “by” wees, tot dan weer mompel – amper dieselfde ‘simptome’ as wanneer iemand onder die invloed is.

Mnr. Combrink, ek wens jy ry hulle tot by Oom Daantjie in die kallerhok en weer terug! Dit is nou wel ons belastingbetalers wat sal moet opdok as jy die minister van Polisie dagvaar, maar doen wat jy moet! Ons moet opstaan en baklei teen die klomp onkapabele rassiste wat ons witmense soos die vuillis onder hul skoensole wil behandel. Sterkte!

marianne ·

Volgens my kennis – wanneer die Paramedics by ‘n ongeluks toneel is, moet die SAPS hulle voorkeur gee. Enige persoon betrokke in sodanige ongeluk mag nie van die toneel verwyder word sonder Paramedic behandeling – ongeag die persoon se beseerings of geen beseerings nie, hulle sal toestemming gee vir die verwydering van die patient.

Volgens wat ek lees het die SAPS hardhandig en doelloos opgetree en was onregverdig teenoor die betrokkene…

Die familie moet ‘n eis by die Pad Ongeluks Fonds indien en ‘n saak van mense skade en wan behandeling teen die SAPS indien.

Ben Prinsloo ·

Nico ek hoop jy tree af met die uitbetaling wat jy gaan kry en daardie gepeupel moet aanhou werk vir n lewe omdat hulle nie meer n pensioen het nie. Dan eers sal hierdie tipe ding verminder, let wel nie heeltemal opgelos word nie.

Charmaine ·

Die was nou weer 1 van my komentare wat ek getik het en besluit het om eerder uit te vee en net die familie sterkte toe te wens en hoop hy word gou gesond, ek kan dalk aanspreeklik gehou word vir dit wat ek hier se en die moontlikheid is groot dat ek die daad by die woord sit. Sterkte aan die Familie.

Louise ·

Ja Charmaine ek stem, ek moet maar net die vingers keer.
Sterkte aan die familie en hoop julle word behoorlik vergoed en hoop hierdie saak word verder gevat.

Ouman ·

Dagvaar hulle in hulle persoonlike kapasiteit en roei hulle uit. SAPS is deel van die probleem in die land.

DA Ondersteuner ·

Waarom moet ons ingryp, hy is wit en ons veg net vir wit teen swart rassisme.

Rassie ·

Dit is swart teen wit rassisme. Die DA itree net op as dit wit teen swart rassisme is.

GJ de C K ·

Die DA se mening = Getal Stemme wat hulle kan “score”.

Dit kan nie beter gaan met net nog meer van dieselfde minagtende pogings (wat óns misken) nie.

Om te stem vir kleingeld (“change”) is inderdaad “penny-wise, pound-foolish”!

Ons stemmetjie tel min, maar wyl hy nig daar is- gebruik hom ten minste met trou en lojaliteit teenoor die seuns en dogters van óns volk!

T ·

waar is die bloed toetse?, het dit gewys hy het dronk bestuur ooit? want hulle se niks van dat hy toe wel dronk was nie. hulle versuim om dit te noem seker met rede !!!!!!!!!!!!!!!

Cherokee ·

T, julle mense lees nie lekker nie. Lees weer. Hy is vir bloedtoetse gestuur en het die volgende dag vir ondermeer dronkbestuur verskyn.

Irene ·

Met uniforms dink hulle is katjie van die baan trek dit uit dan sien ons ja waar is ons DA mense nou

Engel ·

Die DA kan ongelukkig nie browny punte hier verdien nie so hulle gaan niks se nie. Hulle wag tot daar die slag n witmens is wat iets verkeerd doen.

helen ·

Hier gaan weereens niks van kom nie. Die bloedtoetse gaan verdwyn. Die polisie hier involved gaan net n waarskuwim
ng kry, maar gaan aanhou werk en n selaris verdien. Die Boer gaan net voor gese word….sorry sir!

Ek is jmr maar ek begin my eie land haat!!!!

Lynni ·

Hoekom die DA insleep? Mense, mense moet jul nie verset teen arrestasie. Die polisie moet ook hul werk doen.

Rede ·

Want die DA maak groot bohaai as n witmens waag iets teen n swartmens se of doen. Hier is dit baie erger maar DA verstaan nie eers hoe dit verbrand hou nie.

Ouman ·

Die DA stel net belang in stemme. Jy hoor hulle nooit as wittes die slagoffers is nie. ‘n Stem vir die DA is net so goed soos’n stem vir die ANC.

Dot ·

Waarom nie DA insleep nie. Die man was in ‘n ongeluk hul het nie die reg gehad om hom so te hanteer nie. Die man moes eers behandel en ondersoek word deur die Mediese personeel die polisie moes wag tot hul klaar was met hul mediese ondersoek wat die polisie nie gedoen het nie.

Wonder ·

Pleks reageer hulle op plaasmoorde, nou word jy deur 4 van hulle in ‘n vangwa gegooi? So bad, so sad!!

plaasjapie ·

Die arrogansie en uitdagende houding teenoor ons wit mense raak net erger by die dag !

PIET ·

Cherokee, dalk verstaan ek jou nie reg nie, maar as die ou se bloed weggesuur is en hy kom die volgende dag voor vir dronk bestuur beteken die nie nou dat hy positief getoets het nie. Die saak sal nou eers uitgestel word en dan kry die staat kans om sy saak te bewys. Hoe dit ook al sy, mens behandel nie n mens wat in n ongeluk was op die manier nie – jy sal sy dood veroorsaak.

Popeye ·

Die foto het betrekking…. ek is verblind deur die grootte van daai sonskyn!! Eish.

Magda ·

Vermetelheid van SAP gaan my verstand te bowe! Stoere en ewige DA-ondersteuner wat ek is – waar is julle DA net wat met ons blankes daagliks gebeur!!! Klaar met julle DA, julle beteken vir my NIKS – hou verby!

Nuwe ANC ·

Magda, die ou DA bestaan nie meer nie, hulle is nou die ou ANC. Die ou ANC is nou die ou SACP.

Cherokee ·

Daar was geen ‘ou’ DA nie. Hulle was nog altyd wat hulle nou is.

jeannine ·

mense maak die sake wat gebeur daar in suid afrika bekend aan die europese parliment ek is seker daar kom vervolg op en maak dit ook bekend aan die europese media so kan dit nie verder gaan nie ek is belgiese maar groot geword in suid Afrika my hart bloei as ek oor al die moorde op die plase lees en die onskuldige mense wat so mishandel word waar is die beskaving by sommige van die inwoners van suid Afrika sies tog nog baie sterkte aan die oom en sy familie hoop dit kom reg

dixi ·

As dienende lid is ek dankbaar vir my goeie standaard opleiding en my mentors. Hierdie optrede skokkend.

Esmay ·

Daar is net nie meer blanke manne in die polisie of metro nie. Maar as ek een by padblokade sou sien, sal ek sommer self indraai en sè: ‘ soek maar v n foutjie en skryf boete” Waar is die goeie ou dae….!!!!

Ouman ·

Die feit dat hy op sekere klagtes verskyn het beteken nie dat hy skuldig is nie. SAPS se rekord wys dat klagtes soms versin word om hulle eie misdade te verdoesel. Daar is honderde sake waar howe bevind het dat arrestasies onregmatig was. SAPS is die probleem.

johan ·

vir baie jare vidie stryd bertokke.
kan ons,ons eer behou en net kyk wat reg en verkeerd is.
en dan praat oor hoe ons n verskil kan maak

Buks ·

Hy het nie kontant by hom gehad nie dit is dalk hoekom hy so sleg behandel is. As jy 3 uur in die oggend bel omdat jy voel jou lewe word bedryg moet jy weet dit is hierdie ouens wat jy in jou huis in nooi om te se waarom jy voel jou lewe word bedryg. Dit maak my bang……

Theresa ·

Na ‘n ongeluk is enige mens in ‘n skoktoestand. Die polisie se optrede was brutaal en lewensgevaarlik vir hom, want hul kon sy nek en rug beskadig het. Wat nog van die hou op op die bors!! Patete. Hoort nie in uniform nie – laat hul by die robotte bedel met bordjie: was bad cop, now please feed me. Ek hoop van harte die familie stig ‘n fonds sodat almal kan bydrae om te help dat hierdie mense nie mag voortgaan met hul werk nie. Die paramedikus is gelukkig ‘n getuie! En ja, natuurlik moes hy eers als doen om die man te kon stabiliseer. Geen optel soos hamerspykerspeletjie nie. A nee a! Moet dit nie hier los nie. Dit sou verseker heeltemal anders hanteer geword het, was dit vier ander ouens en een ander ou… Hou ons asb op hoogte van hierdie gebeure.

Paramedicmoz ·

Kom ons wag nou maar eers vir die uitslae vd bloedtoetse voor ons almal histeries word. As hy dronk bestuur het moet hy vat wat sy kant toe kom. Almal is altyd baie gou om te moan dat die polisie nie hulle werk doen nie, totdat hulle dit doen partymaal. Jaco, ek hoop die koerant het jou ‘n paramedikus genoem, en nie jy self nie.

Johann Smith ·

Die polisie gee nie om vir sake teen hulle nie want dit is tog maar net belasting betalers wat uiteindelik hul sak sal moet skud.

danie ·

Lyk vir my of Nico ook maar nie heeltemal saam werk nie, hoe anders gaan jy so groot kerrel in die vangwa kry. N saak het altyd twee kante. Ons moenie altyd die ergste in n situasie lees en sien nie

brenda ·

in die 80s sou die tipe ding NOOIT ooit gebeur het nie; selfs nie eers teen nie blankes nie; die SAPD is korrup en het geen standaarde meer nie. Ek weet van goeie polisiemanne wat uitgetree het agv korrupsie. Dagvaar die SAPD; hierdie hele storie walg my.

Besorgd ·

MAROELA MEDIA, Sal julle ons asb. op hoogte hou van verdere verwikkelinge in hierdie aangeleentheid. Ons as besordge lesers sal graag wil weet of die polisie ‘n saak teen Nico Combrink gaan voer en of die saak later teen hom laat vaar gaan word. En verder sal ons wil weet indien die polisie aan die pen gaan ry vir hul aksies? Baie dankie.

Jane ·

Die bloed toetse is eers beskikbaar 3 tot 6 maande. Ongeag of hy onder die invloed was of nie kan hy n eis insit teen minister van veiligheid en SAP lede. A photo tells a thousand lies! Verklarings is belangrik. As die persoon nie geneem word vanaf die toneel nie, mag n arrestasie uitgevoer word anders n versoek by hospitaal om bloed te trek. Verset teen arrestasie kan weerle word sou die man gevoel het hy word onreelmatig gearesteer! Punt is, dagvaar!!!

MALINDA ·

Wat te hel.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! wat nog. Alta ry hulle. Sterkte.

Han ·

Te veel polisiebeamptes gedra hulle soos “hooligans”. Enersyds omdat behoorlike opvoeding afwesig is en andersins omdat hulle nie weet hoe om mag te bestuur nie. En, moenie van die haat-faktor vergeet nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.