Man wat pa, dogter se motor tref, sterf ook

Louwrense Badenhorst, Michelle Badenhorst, adjunkhoof, ongeluk, Pretoria

Louwrense Badenhorst en sy dogter Michelle. (Foto: Facebook)

Die bestuurder wat die noodlottige ongeluk veroorsaak het waarin ’n pa en dogter van Pretoria dood is, is nou ook dood.

Jabulani Mavhugu Khangala (40) was glo die bestuurder van ʼn BMW wat op 3 Mei in Louwrense Badenhorst (53) en sy dogter, Michelle Badenhorst (22), se voertuig vasgejaag het.

Badenhorst, adjunkhoof van Laerskool Tuinrand, het Michelle daardie noodlottige dag na die Zuid-Afrikaans-hospitaal in Muckleneuk geneem.

Khangala, glo in sy BMW, het naby die hospitaal teen ʼn hoë spoed in Badenhorst se voertuig vasgejaag.

Louwrense en Michelle is op slag dood.

Nantes Kelder, nasionale projekkoördineerder by AfriForum en ʼn goeie vriend van Louwrense, het bevestig Khangala is in die hospitaal dood.

Hy het voorheen aan Maroela Media gesê daar is min mense soos Louwrense wat sulke diep spore in die gemeenskap kon trap.

Lt.kol. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig Khangala is Sondag oorlede.

In Loving Memory of Mr. Louwrense Badenhorst and Michelle Badenhorst ????????????#kranslegging ????️#wreathlayingceremony ????️

Posted by Laerskool Tuinrand on Monday, May 6, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Frank ·

Mens voel bietjie “cheated” maar beslis beter as daarmee wegkom weens politieke of ander konneksies

Phillip ·

Eks jammer om tevrae maar is dit die regte persoon wat dood is want sy pa soos ek verstaan is mos werk saam by die poliesie als kan verdoem word . Want daar word nie vermelden gemaak waar aan hy dood is nie of lees ek die burig verkeerd

Blikkantien ·

Ek het iewers gelees dat die persoon in die BMW deur die polisie gejaag was.

Olive ·

@Piet 6. Ok ek het gedink en ek se dis goed. Redes is daar baie.

Pieter ·

Wat het Nantes Kelder se beroep te doen met die berig? Mense wil so graag in die koerant wees.

Net ek ·

Jammer vir die verlies aan die Badenhorst familie, dis so onnodig en hartseer. Mag julle diepe vertroosting vind in ons Skepper en Redder.

MM kry julle feite reg, dis ‘n wit BWM nie swart nie, of ek is kleurblind as ek die foto’s op ander blaaie kyk!!

Lettie ·

Ek ook so verstaan. MM het nie melding gemaak van BMW bestuurder se hospitaal opname nie. Ruik ‘n dooie rot

Cassie Carstens ·

Wie met die swaard leef, sal deur die swaard sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.