Man wat padongeluk oorleef skok dood

Foto: IPSS Medical Rescue

ʼn Motoris wat Dinsdag ʼn padongeluk naby Tongaat in KwaZulu-Natal oorleef het, is oomblikke daarna doodgeskok.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê die ongeluk het op die R102 gebeur toe die man beheer oor die voertuig verloor en dit verskeie kere gerol het. Die voertuig het tussen bosse in ʼn sloot langs die pad tot stilstand gekom.

“Soos ons verstaan het die bestuurder uit die wrak van die voertuig geklim en in kontak gekom met ʼn weggesteekte netwerk van onwettige kragverbindings en hy is toe geskok,” het Herbst gesê. “Die man se ernstig beseerde passasier wat steeds in die wrak vasgevang was, moes eers wag vir tegnici van Eskom om die nabygeleë transformators te isoleer voordat paramedici haar kon behandel.”

Volgens Herbst het paramedici die vrou in die wrak gestabiliseer voordat die plaaslike brandweer meganiese toerusting gebruik het om haar uit die wrak te sny.

Die bestuurder van die voertuig is deur paramedici op die toneel dood verklaar en die vrou is na ʼn hospitaal geneem.

Foto: IPSS Medical Rescue

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

fanie ·

N saak van strafbare manslag moet geopen word teen skuldiges van kragverbindings of werk dit in hierdie geval anders ek wonder maar net

Dissie ·

Ek hoop hulle het die onwettige drade se eienaars opgespoor en ‘n saak van manslag geopen?

Andréas ·

So dan is almal met onwettigge verbindings na hierdie transformator mos krimineel-, grondwetlik- en konstitisioneel- vir hierdie dood verantwoordbaar. Nie waar nie…?

Elize Smit ·

Die persone wat die on wetting verbindings gemaak het, moet aanspreeklik gehou word.
Dit is met rede dat wetter bepaal hoe krag verbindings en versprei mag word. Elke huis moet n COC hê, Terry die gene wat nie betaal nie, nie tot verantwoording geroep word nie.

Ronel ·

mmmm Daai onwettige kragverbindings. Ek bly in Kroonstad. In ons straat is 2 huise wat onwettige verbindings het. Ek het dit aan 3 verskillende mense ( insluitende raadslede) gerapporteer. En raai wat? Na ‘n maand, is dit nog net soos dit was! Lekker ne!

Sterkte aan die vrou wat die ongeluk oorleef het. Jammer dat u man sy lewe so moes verloor.

Danie ·

Ruk al die drade af sover en soveel as moontlik. Kla al die ouens wat ‘n draad soontoe gehad het aan vir moord en medepligtig aan moord.

thelsa ·

Knip die kragdrade af. Die ‘skuldiges’ sal vinnig die konneksies kom herstel en voila ! . . . daar het jy die persone wat dit aanvanklik gedoen het om aan te kla.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.