Man wat parlement glo brand, wil uit op borg

Zandile Christmas Mafe wend hom nou tot die hooggeregshof in ‘n poging om op borgtog vrygelaat te word. (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Zandile Christmas Mafe (49), die man wat daarvan verdink word dat hy verantwoordelik is vir die verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad, wil dringend op borgtog vrygelaat word.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die NVG het ʼn kennisgewing van die dringende aansoek in die Kaapstadse hooggeregshof in Kaapstad ontvang.

Landdros Zamekile Mbalo het Dinsdag beveel dat Mafe vir waarneming by die Valkenberg- psigiatriese hospitaal gestuur word. Dít op aanbeveling van die staat wat aangevoer het dat Mafe voorlopig met paranoïese skisofrenie gediagnoseer is.

Hy moet weer op 11 Februarie in die landdroshof verskyn.

Adv. Dali Mpofu, Mafe se regsverteenwoordiger, wou Dinsdag al met Mafe se borgtogaansoek voortgaan en het aangevoer volgens sy kliënt skort daar niks met hom nie. Mafe het ook gedreig om met ʼn eetstaking te begin as sy borgtogaansoek nie voortgaan nie.

Adv. Dali Mpofu, Mafe se regsverteenwoordiger, kom vroeër vandeeesweek by die landdroshof in Kaapstad aan. (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Volgens Mpofu, een van die land se bekendste senior advokate en onder andere ʼn regsverteenwoordiger van oudpres. Jacob Zuma, kan Mafe nie verstaan hoekom die regering hom nou wil kosgee terwyl die regering nie belang gestel het om hom as ʼn vry man te voed nie.

Sy regspan het aangevoer dat hy op borgtog geregtig is en wend hulle nou tot die hooggeregshof in ʼn poging om dit te bewerkstellig. Die aansoek word Saterdag om 11:00 aangehoor.

Aanklagte van die verwoesting van noodsaaklike infrastruktuur teen Mafe is reeds laat vaar, maar ʼn aanklag van terrorisme teen hom is by die klagstaat gevoeg. Hy word ook van roof en brandstigting aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nette ·

I demand food from the government…I demand not to eat food I get from the government…I demand to get parole, to again not get food from the government…

AndrewL ·

Parool of borg?

Daar is ‘n baie groot verskil.

Hy kan slegs op parool vrygelaat word ná vonnis.

Moedeloos ·

Laat hy sit soos baie voor hom ook nie borg kon kry nie al het hulle als in hul vermoë gedoen om borgskap te kry. As hy borg kry is hy skoonveld weg en niemand sal hom weer sien of kry nie

Perdeby ·

As ons regsstelsel dit toelaat hoef kan enige een maar borg kry moordenaars en verkragters ook. Geen verskil nie. Hy het dan nie eers volgens hulle nie eers ‘n vaste adres nie.

SjN ·

Parool of borg? sluit hom toe, moenie vir hom kos gee nie, hy wil mos nie eet nie.

Harley Davidson ·

Weet iemand nou verseker of dit werklik hy was wat verantwoordelik is vir die kriminele optrede.

Julius ·

Ja dis hy en op heterdaad betrap met springstof, dokumente en rekenaars in sy besit. Hy is ook nie haweloos nie.

Anoniem ·

Hy gaan niemand anders as homself “spite” om op ‘n eetstaking te gaan nie, doen zo voort.

Mariana ·

As terrorisme deel geword van die klagstaat, hoe de duiwel kan hulle hom op borg vrylaat. Hy wil dringend vrygelaat word. Hoekom dan nou so dringend? Is daar dalk nog iets wat hy vir sy base moet doen. Vra vir Mpofu, miskien weet hy wst so dringend is. As die man dan haweloos is en glo ook skisofrenies, sal ‘n paar dae in die hospitaal hom mos net goed doen of hoe? Die storie ruik al hoe meer na iets wat stink. Wie is die baasbrein agter dit?

Swerwer ·

Laat Mafe maar uitgaan op parool want dit is mos sy reg net soos dit Zuma en die res van die ANC Kader is om verwoesting te saai en nie vervolg te word nie.

Vernon ·

Hierdie hele storie ontaard in n sirkus. Hy gaan niks oorkom nie.. Mpofu gaan elke truuk trek nes met Zuma…hy lag al die pad ban k toe…

Hennie ·

Meer as 99% van die ANC ministers en raadslede ly dan ook aan paranoïese skisofrenie. Hulle is net baie lui dus het hulle 27 jaar geneem om alles op te neuk!

gatgogga ·

Wel, as hy nie sy kos wil eet nie, dan kry hy ook nie poeding nie.

Blikkies ·

Ek is nou nie ‘n regsgeleerde nie, maar kan hy borgtog kry vir sulke ernstige aanklagtes onder andere Terrorisme?

Hannes ·

Ek wonder maar net hoe die insident sou uitspeel as sy van “van der Merwe” of “Du Plessis” was… “All animals are equal, but some animals are more equal than other”

Ben ·

Waar kry ñ hawelose man die fonse vandaan om appel aan te teken en om hooggeregshof toe wil gaan.

Dup ·

As Adv Mpofu betrokke raak dan is daar ñ politieke slang in die gras.Wie betaal sy koste en wie het hom aangestel? Sekerlik kan Mnr Mafe nie betaal nie.”Watch this space”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.