Man wat Ramaphosa k-woord noem, bly in arres

Kessie Nair. Foto: Facebook

Die Durbaniet wat pres. Cyril Ramaphosa die k-woord in ʼn video toegesnou het, bly in polisieaanhouding tot hy weer op 1 Oktober in die hof moet verskyn.
The Mercury berig Kessie Nair sou vandag aansoek om borgtog in die Verulam-landdroshof gedoen het, maar die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.
Ses aanklagte van crimen injuria en twee van aanhitsing en opstoking staar hom in die gesig nadat hy verlede week in ʼn video te velde getrek het teen Ramaphosa en hom meermale die k-woord genoem het.
Nair het die media in die hof toegespreek en gesê hy het nie nodig om enigsins sielkundig geassesseer te word nie.
Die polisie in KwaZulu-Natal het Nair op 19 September in Phoenix in hegtenis geneem. Hulle het die ondersoekdossier ná die inhegtenisneming aan die Valke vir verdere ondersoek oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Blommie ·

Iemand wat moord pleeg of verkrag of aanrand kry borgtog maar iemand wat kriminin injuria pleeg word in aanhouding gehou. Binnekort sal dit ook as n Skedule 6 klag gesien word.

Persoonlik wonder ek ook maar wat het hierdie man gedink doen hy om so iets op video vas te le. Dis mos nou openlik vir moeilikheid soek.

Bets Bothma ·

Ek verstaan nie die wet deesdae nie, stem 100% saam jou, moord, verkragtig, ens is deesdae aan die orde van die dag oortredings, maar moet net nie rassisties wees nie, dit is die ergste oortreding nou in SA! Beware!

KL ·

Lees weer, hy sou vandag borg gekry het, maar die saak is UITGESTEL vir verdere ondersoek. (moet nie vra watter ondersoek nie) maar ja, dis hoe dit werk, hy is nie borg geweier nie, net n ander datum.

Eben ·

Ek sal graag wil sien dat alle haatspraak op dieselfde vlak voor die reg staan.

Ek het ‘n gevoel dat die man ‘n sielkundige probleem het. Ek hoop sy ondersteuningnetwerk iditifiseer dit ook en kry hulp.

Johan ·

Ek is ten gunte oor die man se optrede en uitsprake nie. Maar aanhitsing en opstoking? Dit is belaglik. Weekliks staan Malema en BLF op podiums en stook mense op en hits hulle aan tot kriminalteit, maar met hulle gebeur daar niks.

Spike ·

Die anc is bang vir die eff en blf. Eintlik is hulle groot maats.

Frikkie Geld en huis ·

Birds of feather………………… Party woorde se uitspraak in hul verskillende dialekte verskil miskien, maar hul denkwyse is presies dieselfde.

Se wie ·

Die valke? Ja ne deesdae is hulle die politieke party aan bewind se militere vleuel. Belaglik.

Kiewiet ·

Nee Abe Nair is nie siek nie , hy is gatvol net soos die res van ons is. Malema en sy trawante is siek.

Adriaan ·

Dit sal interessant wees indien Maroela die mening van n regskenner kan inwin en publiseer, waarin verduidelik word wat crimen injuria is (en nie is nie), of dit as strafregtelik of siviel gesien word en of dit n arresteerbare oortreding is. Dit sal n bonus wees indien die regskenner n opinie kan uitspreek oor die “charge stacking”, en ook oor die feit dat die man steeds aangehou word.

Zumie ·

Adriaan
As hy sonder lasbrief op crimen injuria gearresteer is is dit ‘n onwettige arrestasie. Ek neem aan hy het ‘n vaste adres en werk en vind dit uiters vreemd dat hy in hegtenis is – hy hoort nie daar nie. Strafregtelike injuria is die wederegtelike en opsetlike aantasting van ‘n persoon se eiewaarde deur bv woorde. Die ander klagtes klink vir my maar opportunisties.

Maar soos jy ook al by die doodskis saak gesien het kry die teenstanders van die “elite” baie spesiale behandeling.

PJC ·

Dit wil my voorkom hierdie ou was baie kwaad want hy het duidelik geweet wat gaan na die tyd met hom gebeur.

Koos de Meyer. ·

Belaglik, borg vir vir die woord. Malema en sy travante stook op, sê wat hulle wil en niks word daaraan gedoen nie. Dubbel standaarde dit maak mens siek. Hierdie persoon is nie die enigste een wat keelvol is vir die sirkus in ons land nie.

Antjir ·

Strafregtelike crimen iniuria… Op watter gronde nogal nie net siviele klagte nie? Vir wie is hy ʼn gevaar dat hy aangehou word? Is hy te mal om sy hofverrigtinge by te woon? Kan SAPD nie eens meer dít ondersoek nie, en moet die valke ingeroep word. Hoekom? Om die kkagte verder aan te dig? Ek wonder of die oorsensitiewes besef die res is só gefrustreerd dat ʼn werklik onpartydige regter die hele spulletjie waarskynlik uit die hof sal gooi omdat dit regverdigbare kommentaar mag wees? Wat het sy vlak van velpigmentasie te doen met die persepsies van SAPD?
Ek vra maar net…

Ed ·

Net nie dit nie! Net nie die K woord noem nie! Wat vrylik mag is haatspraak, kill the white, kill the boer. Klink vir my ware rassisme

Kosie Kramer ·

Indien hierdie insident in Rusland gebeur het, het Huisgenoot al tien artikels geskryf oor hoe `n diktator Wladimir Poetin is, en hoe daar geen vryheid van spraak in die land is nie.

Oom Kalahari ·

Mnr Nair het ‘n breekpunt bereik en dalk is daar verdere gebeurtenisse in sy verlede wat hom tot so optrede gedwing het uit ‘n oomblik van frustrasie. Ek is van opinie dat heelwat SA Burgers met kwade gevoelens ens daagliks worstel maar nie die gewraakte woord spreek nie. Die kriminele kry borg, EFF & BLF lede met haat en opstook uitsprake loop vry, maar hierdie Mnr Nair word benadeel. Die MRK is ook ‘n klug en tree net op waar dit hul pas. Sterkte Mnr Nair en gesin.

Sputnik ·

Dié man het ernstig hulp nodig! Dat ‘n mens vir jouself soveel moeilikheid op die hals kan haal is net nie normaal nie.

Casper Labuschagne ·

@Sputnik, daar gaan ‘n dag kom wat jy gaan sê dat ek self “hulp nodig het.” Op daardie dag sal Artikel 25 van die Grondwet sodanig gewysig word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Ek belowe jou, wat ek op daardie dag van die president asook die regerende party sal sê, vir Nair sal laat klink soos iemand wat ‘n Sondagskoolklas kan aanbied en ek gaan verseker nie daardie dag die enigste wees wat sulke goed sal sê nie. Ek kies om alle ander persone met respek te hanteer in die belang van ‘n ordelike en vreedsame samelewing. Dat radikale swart nasionaliste geen respek aan die wit minderheid toon nie is ook so en dit is besig om goeie verhoudings in hierdie land af te breek.

Nasdaq7 ·

Die persoon wat dringend daadwerklike sielkundige hulp nodig het is die een wat na Julius Malema luister oor grond hervorming sonder vergoeding.

Nasdaq7 ·

Die persoon wat dringend daadwerklike sielkundige hulp nodig het is die een wat na Julius Malema en die EFF luister oor grond hervorming sonder vergoeding.

Wonder net ·

Die man makeer niks! Hyt net genoeg gehad en het dit reg uit gese! Hyt net genoeg guts gehad om dit te se!

Yankee ·

As die UN hiervan gehoor het vandag, was jul president huis toe gestuur, dit is verseker!!!

kinderagtige tantrums ·

Ek stem saam dat hierdie man professionele hulp moet kry. Dit is ontstellend om met ‘n volwasse person wat byvoorbeeld 50 jaar oud is te kommunikeer en om dan te ontdek dat die person se emosionele volwassenheid is op die vlak van ‘n 5 jarige kind is. Dit veroorsaak ernstige probleme, ook in baie families. Dit is besonders moeilik om ‘n 50 jarige (byvoorbeeld) persoon se kinderagtige tantrums te hanteer veral in families waar hulle voortdurend moeilikheid versoorsaak met hulle tantrums en aandagsoekery. Wat verder tragies is is dat die persoon dikwels nie besef hoe kinderlik hul optrede is nie terwyl hulle die lewe vir die wat na aan hulle is hel maak.

Piet ·

Ek het die betekenis van jou naam gaan oplees, ‘n “Tantrum” is ‘n outburst of anger/ frustration, typically expected in a child. Kinderagtig (childish) is “silly in nature and immature”, dus baie dieselfde betekenis. Meen jy nou dat dit kinderagtig is om so ophef te maak oor nietighede, terwyl verkragting en moord aan die orde van die dag is? Jy kan tog seker nie dink hulpbronne moet op hierdie nar vermors word terwyl 6 jarige kinders in die dros verkrag word en 90 jariges in die “veiligheid” van hul huise vermoor en verkrag word. Ek dink hierdie land se samelewing is siek. Kry jou prioriteite in orde – mens maak nie so ophef, asof hy ‘n moordkomplot beplan het nie.

Oor emosionele intelligensie ·

Mense met lae vlakke van emosionele intelligensie wil niks deel nie, verstaan niemand anders se standpunt nie en alles gaan vir hulle oor die eie EK. Dus passief aggressiewe selfsugtigheid. Wanneeer hulle nie kry wat hulle wil Hê! nie straf hulle die mense rondom hulle en die Bybel word vrylik gebruik om mense skuldig te laat voel. Meesal dink hulle dat hulle kan sê en doen wat hulle wil en hulle speel altyd die slagoffer rol en ander word altyd vir alles geblameer as daar gevolge is. Dus hulle dink ander mense verhoed hulle om gelukkig te wees en ‘n lekker lewe te lei daarom hou hulle aan om emosionele tantrums te gooi en ander te beledig. Dikwels doen hulle dit ook op ‘n baie subtiele en gemene manier.

Andre ·

Ek hoop dit beteken dat Malema ook binnekort in hegtenis geneem gaan word, oor sy rasistiese uitlatings , Of word hy Malema beskerm .

PPP ·

Vra maar net kan julle mense onthou net na 1994 het Cyril Ramaphosa was die eerste mens wat geskree “KILL THE BOER” ons is mos nie meer mense , ons is inboorlinge

Kraai ·

Laat Malema maar aangaan, maar die Here slaap nie. ” Boer” loop deur my are ,generasies jare , ons volk sal nog opstaan, van die noorde tot die suide.

Boy van die Suburbs ·

Die stelling dat almal gelyk is voor die Reg, is loutere twak in hierdie land!! Geharde misdadigers en moordenaars kom weg met MOORD, en mense wat skuldig bevind word aan Crimen Injuria word soos geharde misdadigers behandel. Die Regstelsel is besig om netso sirkus te raak soos baie ander dinge in die land!

Piet ·

Praat jy nou van die einste Oom Cyril wat hier in die waterberge boer? Hy sal mos nooit so iets se nie, hy het dan boonop so baie blanke vriende en mede boere. Onthou ook dat hy so baie gegroei en verander het sederd 1994, dit is juis waarom hy hom so bekommer oor plaasaanvalle en gereeld daaroor in die parlement praat. Hy ontferm hom dan oor die 1 miljoen arm blankes en erken dat blankes ‘n minderheids groep is, dis die dat hy nie nog boonop hulle grond wil vat nie. Sies vir jou man!

Piet ·

Ek probeer eintlik PPP bo te anwoord, dus maak my kommentaar nie sin nie.

Waarheid ·

Hy praat die waarheid en het die moed om dit prontuit te se.
Net jammer dat hy die onregverdige gevolge daarvan sal moet dra.

Pieter ·

Niks fout met die man nie, hy sê maar net wat ons almal dink. Maar nou word hy in die tronk gehou omdat hy iets vir `n swart man gesê het terwyl swart mense wat witmens vermoor en verkrag kry borgtog. Dit is belaglik, maar die wiel draai en daai blinde sambok gaan nog seer slaan.

christa ·

Johan stem saam met jou. Die man het net gese wat ander voel. Baie voel ook so maar Malema het die regte kleur om te se wat hy wil. Ja natuurlik is Kiewiet en malema tjoms. ANC kan nie vir altyd regeer nie,,, eendag sal hulle op hulle kniee staan en smeek vir begenadiging

Casper Labuschagne ·

Kyk, die K-woord is al vanaf die 1980 verbied en die gebruik daarvan sal vandag ‘n hele reeks aanklagte en gevolge hê. Maar om iemand vir die gebruik daarvan nog voor die hofsaak in aanhouding te hou, is geensins in enige verband met die oortreding nie. Dit gaan hier eenvoudig nou oor weerwraak deur die meerderheid en hulle ongenaakbare houding gaan nie versoening bewerkstellig nie en dit gaan ook hoegenaamd nie hier oor die beginsel van geregtigheid nie, inteendeel dit sal uiteindelik ‘n breë publieke simpatie veroorsaak vir die veroordeelde, soos wat reeds met Vicky Momberg gebeur het.

Ekke ·

Wag nou maar volgende is die sing van Die Stem. As hulle soos die Eff nou versoek die “stukkie” stem verwyder, gee dit die Afrikaner VOLLE reg om die volle Stem uit volle bors by ELKE geleentheid moontlik te sing. Bring dan sommer ons vlag ook terug. Hulle wys mos nou deur hulle houding DIE BLANKE BESTAAN NIE IN SA NIE, BEHALWE SYBELASTING GELD…

Piet ·

Ek het die betekenis van jou naam gaan oplees, ‘n “Tantrum” is ‘n outburst of anger/ frustration, typically expected in a child. Kinderagtig (childish) is “silly in nature and immature”, dus baie dieselfde betekenis. Meen jy nou dat dit kinderagtig is om so ophef te maak oor nietighede, terwyl verkragting en moord aan die orde van die dag is? Jy kan tog seker nie dink hulpbronne moet op hierdie nar vermors word terwyl 6 jarige kinders in die dros verkrag word en 90 jariges in die “veiligheid” van hul huise vermoor en verkrag word. Ek dink hierdie land se samelewing is siek. Kry jou prioriteite in orde – mens maak nie so ophef, asof hy ‘n moordkomplot beplan het nie.

Hans ·

Ek het baie boeke wat DAAI woord vrylik in voorkom.As ek nou hardop vir my vrou lees spot sy my oor ek hakkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.