Man wat renoster wou stroop kry tronkstraf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Louis Trichardt is Woensdag in die plaaslike streekhof gevonnis nadat hy en ʼn medepligtige betrap is toe hulle op pad was om ʼn renoster te stroop.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê geen renoster is in die voorval doodgemaak of onthoring nie en die mans is vasgetrek voordat hulle die misdaad kon pleeg.

Talani Prince Maluleke (20) en ʼn medepligtige is in Mei 2014 deur werkers op ʼn plaas in die omgewing opgemerk. Die werkers het die twee mans se spore gevolg en agtergekom dat hulle agter die spore van ʼn renoster aanloop. Spoorsnyers het met behulp van lede van die K9-eenheid, ʼn polisiehelikopter en private helikopters ʼn soektog na Maluleke en sy makker van stapel gestuur.

Die twee mans is uiteindelik op ʼn hoofpad wat langs die plaas verbyloop vasgetrek, het Otto gesê. “Hulle is deursoek en daar is op ʼn .303-geweer en ʼn byl beslag gelê. Die polisie kon ʼn gipsafbeelding van die voetspore op die plaas maak en dit het ooreengestem met die mans se voetspore,” het sy gesê.

Die mans is aangekla van die onwettige jag van ʼn renoster, betreding van private eiendom en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Maluleke se medebeskuldigde is tydens die verhoor in ʼn motorongeluk dood, wat beteken dat hy uiteindelik alleen op al die aanklagte skuldig bevind en gevonnis is. Hy is tot 11 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Maroela kan julle asb vir ons vertel wat het nou presies gebeur met die mans wat gemartel was op Stella noordwes was dit renoster stropers of aanvallers Ek sien die berig is verwyder ons as lesers is nou deur mekaar

stoney ·

Is julle doodseker die medebeskuldige is dood. More oormore verskyn hy weer om nog ‘n renoster te stroop.

Dee ·

Nòg ‘n renoster te stroop? Het hy dan reeds een geskiet?
(Ander diere word gejag -wettig en onwettig. Renosters word ge’stroop’.)

SNEL ·

Ek hoop meer van die stropers word gevang. Baie dankie vir almal wat help om ons renoster veilig te hou, julle doen n wonderlike werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.