Man wat seun doodskiet: NVG appelleer

Coert Kruger sr. (Foto: Facebook)

Die Nasionale Vervolgingsgesag wil appelleer teen die vonnis van Coert Kruger wat vroeër vanjaar op waarskuwing vrygelaat is nadat hy sy seun doodgeskiet het.

Coert Kruger sr. (51) is vroeër vanjaar skuldig bevind aan die moord op sy seun Coert jr. (30). Hy het sy seun op 22 Maart vir ’n rower aangesien en hom op die dak van ’n huis op ʼn kleinhoewe buite Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek doodgeskiet.

Kruger het skuld beken ná die voorval en is in September vanjaar met ʼn waarskuwing vrygelaat.

Die NVG meen egter dié vonnis is “skokkend onvanpas”.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG, het in ’n verklaring bevestig dat die NVG suksesvol aansoek om verlof tot appèl teen die vonnis gedoen het.

Mjonondwane het gesê dat die regter wat die vonnis opgelê het, verkeerd beslis het. Dít in die lig van die vonnis van Emmanuel Sibusiso Tshabalala, in ’n voorval soortgelyk aan dié van Kruger.

Coert Kruger jr. (Foto: Facebook)

Tshabalala het sy 16-jarige seun Luyanda op 5 Junie verlede jaar op die perseel van Norman Secondary School in Ennerdale doodgeskiet toe hy sy seun as ’n kaper aangesien het.

Tshabalala is vroeër vanjaar tot tien jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, gevonnis vir die moord op sy seun.

Die NVG voer aan dat daar in dié twee soortgelyke sake uiteenlopende vonnisse opgelê is. Volgens Mjonondwane benadeel dit die konsep van regspresedent.

Sy het gesê dat die NVG dus die vonnis nie onbetwis kon laat nie.

Die appèl sal op die hofrol geplaas word waarna ’n datum vir verhoor bekend gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Dan ·

Ek dink nie die twee sake kan met mekaar vergelyk word nie – hoewel dit albei ongelukke was verskil die omstandhede rondom die voorvalle hemelbreed.
Dit moet tog sekerlik ook in ag geneem word…

JSO ·

@Dan – hoe verskil die omstandighede?? Presies dieselfde scenario. Moenie dat jou rassistiese onderrok so uithang nie!

Gaitsigubib ·

JSO as ek reg onthou het die pa in die kar sy seun gaan oplaai iewers en vir hom in die kar gewag. Hy het sy seun verwag maar hom toe steeds geskiet. Ek moet jou se, sy storie het vir my nogal verdag geklink. Jy lees dinge in Dan se skrywe wat nie bestaan nie? Is jy besig om splinters te soek in sy oe?

Risko ·

Coert het al Desember gesê hy gaan sy seun dood skiet. Praat gerus met sy bure.

Alex ·

Stem saam, maar dan moet ALLE sake dieselfde toegepas word ongeag van ras.

Reets ·

Dan moet alle sake dieselfde hanteer word.. die hele parlement hoort dan al lankal in die tronk

Scalla ·

JSO, ander geval , die kind was nie op die kar se dak nie, hoop jy verstaan nou.

Njala ·

Appelleer die NVG nou teen die NVG of is dit teen n wit regter of dalk net omdat n wit man nie tot die letter van die wet vervolg word vir n noodlottige ongeluk nie? In Thabalala se geval, hoe laai jy jou seun af en dan raak jy aan die slaap terwyl jy vir hom wag. Dan wanneer jy wakker word van jou seun wat probeer inkom, dink jy kaper. Al is die “kaper” aan die passasierskant? Dan weer, in die land waar misdaad, breek en brand hoogty vier, lewe almal in vrees.

ADB ·

Ag asseblief, dis die normaalste ding om in jou kar aan die slaap te raak terwyl jy sit en wag vir wat ookal. Wat hier gebeur het bly tragies en ek stem saam daar behoort konsekwentheid te wees.

Joubert ·

Dit maak glad nie vir my sin dat enige iemand, wit of swart, wat sy seun per ongeluk doodskiet, enigsens vervolg moet word nie. Het so persoon nie alreeds genoeg smart soos dit is nie?

Karien ·

Joubert, ek stem, beide die pa’s dra reeds genoeg straf met die wete dat hul seuns dood is agv hulle. Beiten dan die pa’s nou n dubbele straf moet dra (hul kind is weg agv hul en tronkstraf), verloor did gesin ook nie net n kind nie, maar n pa, n broodwinner. Nee, hierdie pa’s moet huis toe dat die gesinne kan genees en herstel van hul groot verlies.

Risko ·

As jy 300 m na ‘n plek toe stap waar reeds wagte is en die situasie onder beheer het hoef jy niks verder te doen nie. Glo my, die ou weet wat hy gedoen het. Ek het persoonlik met die getuies gepraat.

Gaitsigubib ·

Risko ek moes al wagte wakker maak wat le en balke saag. Hulle beteken niks, want diefstal vind steeds plaas en as die pawpaw die fan strike kom roep hulle my in elk geval. Dalk het jy ander inside info maar op grond van inligting tot die regter se beskikking het die pa niks verkeerd gedoen nie en verkil die 2 gevalle waarvan Dan bo praat soos dag en nag. JSO se aanval op Dan dui op n probleem wat hy met homself ervaar.

Belinda ·

Al was dit n ongeluk moes hy nog steeds gevangenis gekry het. Hoeveel gaan nou nie daardie verskoning gebruik en se dit was net n ongeluk nie. Daar moes n voorbeeld van hom gemaak gewees het.

Ondersoek ·

Belinda, glo my, hierdie is nie CSI nie. Mens kan nie so maklik net se “oops dit was ‘n ongeluk, ek het die persoon aangesien vir ‘n rower” nie. Ons het dit in die Oscar saak ook gesien, en sulke sake word tot op die laaste detail toe ondersoek, die regter sal nie iets beslis as hy of sy nie hulle feite agter mekaar het nie. Die pa het sy seun PERONGELUK geskiet, omdat ons almal in hierdie land so vrek bang is permanent. Die ander pa het nie ‘n verskoning nie. As iemand aan jou motor se ruit klop terwyl jy vir jou kind wag in die kar by die skool is dit heel waarskynlik NIE ‘n rower nie, en eintlik net jou kind. En in teendeel, mens skiet nie net nie. Die bogenoemde pa het nie sy seun by die huis verwag nie, die silhouette van ‘n man gesien en homself probeer verdedig. Die NVG gryp na strooihalms.

Anna ·

Wat het hy op die huis se dak gesoek? Tragedie in albei gevalle.

Andre ·

Die hof het in die Shabalala geval n fout gemaak en prober dit nou regverdig….two wrongs doesn’t make a right.

m ·

Ja hoekom appeleer Mjondwane nie liewers die onvanpaste vonnis op Shabalala nie? Die arme man het al genoeg gelei!!

Koos de Meyer ·

Kom ons kyk wat gebeur met die polisieman wat die senior advokaat in die hof ook per ongeluk doodgeskiet het. Per ongeluk se voet, hoe belaglik.

Mari ·

Hy gaan heel moontlik nie tronkstraf kry nie want dit was n “ongeluk” maar laat rolle omgeruil was, o jinne dan was dit in rep en roer gewees

Amanda ·

Hy het 10 jaar wat vir 5 jaar ‘suspend’ is gekry. Hy is nie tronk toe nie.

Philip, ·

Klink hy moet 5 jaar sit. As dit so is is dit onregverdig. Die pa het genoeg gelei en sekerlik wou hy nie sy eie seun skiet nie. Ai die regstelsel in die banana republiek darem

Hb ·

Die ander persoon se hele vonnis van 10 jaar is opgeskort vir 5 jaar. Hy is ook vry. Gaan lees n bietji voor julle verdere rusbank kommentaar lewer. Lees en presteer

Mari ·

Elkeen is geregtig op hulle eie opinie, my opinie… Net omdat n swart man n “swaar” straf gekry het en nie die wit man nie, nou moet dit hersien word sodat dit “gelyk” moet wees, maar…. Wat dan van die ander baie sake waar n wit man swaarder straf kry en n swart man wat n soortgelyke misdaad pleeg ligter daarvan afkom? Hoekom moet wit dieselfde straf kry as dit swaar is vir die swart maar swart hoef nie n swaar straf te kry as dit net swaar is vir die wit nie?? N vrou wat net n woord gebruik wat niks met rassisme te doen het nie, kry tronkstraf maar n swart man wat duidelik gemaak het om wit mense dood te maak of wit poppe te adverteer en daarop skryf maak dood, kry n ligte vonnis net om jammer te se??? Ons land is onregverdig, of jy dit nou wil weet of nie, dis ongelukkig so!

Marisa ·

Soos meeste (indien nie almal) wat hier kommentaar lewer was ek nie in die hof toe die sake voorgekom het nie.
Ek (en ek glo meeste wat koment) is ook nie n reggeleerde nie.
My persoonlikke opinie is egter dat die pa’s alby n fout gemaak het.
Ek sou eerder se dat gemeenskapsdiens n gepaste straf vir alby sou wees. ( Soos in die Ellen Pakkies saak).
Maar soos gese ek was nie betrokke en elke saak moet op sy eie staan. Voel net innig jammer vir beide pa’s.

Kobus ·

Gaan terugven gasn lees albei gevalle en mask seker julle weet wat aangaan voir kommentasr gelewer word.

Sarel ·

NVG appeleer maar sien nie dat hulle geappeleer het teen die skuldig bevinding van die Coligny twee nie.

Gaitsigubib ·

Die staat het dan tronkstraf gesoek in bogenoemde saak Sarel? Hy kan mos nie n suldigbevinding vra en as hy sy saak wen dan appeleer hy nie. Sal jy appeleer teen n saak wat jy gewen het?

Piet ·

Selfs al was dit n rower op die dak. Sy lewe was nie direk in gevaar nie, hy mag nie geskiet het nie. Lees Risko se kommentaar. NVG het reg opgetree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.