Man wat stiefdogter verkrag, kry lewenslank

boeie-4.jpg

Argieffoto

ʼn 50-jarige man wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy 14-jarige stiefdogter verkrag het, is Vrydag in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat lewenslank tronk toe gestuur.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het bevestig die beskuldigde is presies ʼn jaar gelede in hegtenis geneem nadat inligting ingewin is dat hy sy stiefdogter herhaaldelik sedert Oktober 2018 verkrag het.

“Die beskuldigde het haar gewoonlik verkrag terwyl haar ma weg was. Hy het vir haar geld gegee om daaroor te swyg,” het Makhele gesê.

Die ma het vermoed iets is verkeerd toe haar dogter haar maandstonde begin oorslaan het. Sy het haar na die kliniek geneem waar toetse bevestig het dat die tiener swanger is.

Die ondersoekbeampte, Moneuoa Mosia van die plaaslike polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FKS), sê dit was ʼn baie moeilike saak om te ondersoek omrede gesinne gewoonlik voorvalle van hierdie aard in die kiem probeer smoor. “Ons moes geregtigheid laat geskied ter wille van die kind en ma,” het Mosia gesê.

Genl.maj. Solly Lesia, waarnemende provinsiale kommissaris van die Vrystaat, het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte bedank vir sy harde werk en toewyding aan hierdie sensitiewe saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willem ·

Lewenslank in die tronk is sy verdiende loon. Sal hom kans gee om te dink oor sy doen en late…

Simoné ·

Hierdie tipe ding sal aanhou gebeur, dit is vir sommige mense baie lekkerderin die tronk as daar buite. In die tronke word hulle heerlik bederf. Die enigste manier om die goed stop te sit, is eenvoudig om die doodstraf in te stel.
Ek is jammer vir die meisietjie en haar gesin, sterkte.

Elize ·

Ek is seker baie dom maar lewenslank beteken vir my so lank as wat jy lewe. Na ‘n paar jaar stap die meneer weer by die tronkdeure uit want hy het homself dan bekeer en is nou so skoon en wit soos sneeu. Laat hy daar bly tot sy laaste asemteug want hy het geen reg op die lewe nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.