Man wat stiefdogters verkrag weer in hof

hof-hamer

Argieffoto.

Die 51-jarige man van Randfontein wat sy twee stiefdogters verkrag het, se voorvonnisverrigtinge sal op 17 Maart begin.

Die vonnisverrigtinge sou Dinsdag begin het, maar die regter was nie beskikbaar nie en die saak is uitgestel. Die man, wie se identiteit nie bekend gemaak mag word nie om sy stiefdogters te beskerm, is in Februarie aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind.

Die staat het sewe getuies geroep tydens die man se verhoor, waaronder een van die man se stiefdogters. Sy het getuig dat haar stiefpa haar begin verkrag het toe sy 11 jaar oud was. Sy is nou 18 jaar oud.

Volgens haar getuienis het haar stiefpa haar gereeld begin verkrag toe sy in gr. 8 was. Sy het aan die skoolsielkundige gesê dat sy nie die saak by die polisie kon aanmeld nie aangesien haar stiefpa haar gedreig het.

Sy het egter die saak onder die polisie se aandag gebring nadat sy uitgevind het haar suster word ook seksueel aangerand.

Die meisie het getuig dat sy haar eie lewe probeer neem het. Sy het haarself probeer hang en ʼn oordosis medikasie gedrink nadat haar stiefpa in hegtenis geneem is. Haar selfmoordpoging was egter onsuksesvol.

Die stiefpa is vroeër op borgtog vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ek weet ·

Ongelukkig kry hulle nie die medisyne by sy selmaats nie. N familielid is toegesluit vir dieselfde saak, en hy het maar 15Jr gekry. Ek verstaan dat daar n predikant n sel met hom deel vir n soortgelyke aanklag, en die twee siek vente reken hulle kan nie verstaan hoekom hulle in die tronk moet wees nie want dis nie asof hulle moord gepleeg het nie, hulle het dan net liefde gegee!!!! Ek persoonlik dink, dat so iets net so erg is soos moord, eintlik erger. Want as jy dood is, kan jy nie meer voel nie, nou moet jy aangaan met jou lewe asof niks gebeur het nie terwyl elke ding jou herinner aan al die afskuwelike goed wat met jou gebeur het. Intussen loop die ding nogsteeds in jou dorp, doen inkopies in dieselfde winkels, sien jy hom elke dag. Al wat hy moet doen,is om by die polisie een keer n week aan te meld. Die moontlikheid om ander seer te maak is daar. Nee, ek dink die regstelsel laat ons in die steek.

Weet ook ·

Ek stem volmondig saam met jou. In my oë is doodstraf die enigste gepaste straf vir pedofiele.

Juanita ·

Die Wat seksuele misdade pleeg word nooit NEVER EVER gerehabiliteer nie. Hulle vermoor die hart en siel van hulle slagoffers. Baie slagoffers ondergaan histerektomies agv hulle beserings. .

Juanita ·

Seksuele misdadigers word nooit NEVER EVER gerehabiliteer nie. Hulle vermoor die hart en siel van hulle slagoffers. Baie slagoffers ondergaan histerektomies agv hulle beserings. .

MANIE ·

Die gemors is oral in die samelewing. En dit is nie net mans wat die misdade pleeg nie. Ongelukkig is baie slagoffers nie die bereid om die misdadigers aan die pen te laat ry vir welke rede ookal. Die gevolg is baie gaan met hulle misdade aan vir lang tydperke met al meer slagoffers. Mens kan maar net hoop dat seuns en meisies wat slagoffers is dit sal openbaar dat die duiwelskinders verwyder kan word en gaan boet vir hulle misdade

Magda ·

Ek weet weer van ‘n vriend van my wat valslik beskuldig was en later deur die x vrou en dogter erken hulle het almal mislei. Due hofsaak ht 2 jaar geneem en 3 maande na die hofsaak het die stress sy tol geeis en is hy dood aan ‘n hartaanval!
Nou wonder ek net waar die stiefpa bly na hy op borg uit is?? Sy is maar 18 jaar oud en van 11 tot nou het die ma niks agter gekom nie!

beide kante ·

Magda ek stem saam, daar is beide kante en ‘n sleg Ma kant ook nog. Daar is sake soos jou vriend sin, dan is daar sake soos die, dit is maklik om te bepaal, indien daar seksuele dade met die meisies gepleeg is, is hy skuldig, hul kon nie toestem daartoe, so ek dink nogal in die vark se geval het die ondersoek dit uitgewys. Dan kom ons by die slegte Ma, sy kan hoe lief wees vir haar kinders, maar as sy by ‘n man bly wat haar kinders molesteer is sy nie ‘n goeie Ma en dames hou op sê, ek het nie ‘n ander keuse, hou op sê, ek het geen hulp. Daar is hoeveel kerke en instansies en as jy opreg lief is vir jou kind, gaan soek jy hulp, ek weet van vroue wat huiswwerkers word ter wille van hul kinders en dit is ‘n goeie Ma, ek help hul sover ek kan met enige iets. As jy nou in 7/8 jaar nie agtergekom het jou kind word deur die vark verkrag nie en boonop ‘n 2 de kind nie, jok jy en dan is jy eers ‘n slegte Ma. Wat my woedend maak is dat hierdie man op borg uit is, word daar eers weer vir ‘n lyk gewag?

amelia ·

Wat ek nie verstaan nie is as n ma weet haar kind (maak nie saak van ouderdom nie) word deur n pa stiefpa oupa oom wie ook al gemolesteer en doen niks daar aan nie Daai dogter se lewe is verby want verander hand om keer die pragtige kind verander so mens kan nie glo is die selfde mens nie Is dit n geval ma laat dit toe anders kan daar nie “lekker” gelewe word nie Nie elke naweek n “geparty” nie Is dit hoekom jy eerder jou kind deur hel sal sit Nee wat sulke mas moet ook sommer gestraf word miskien nog erger as molesteerder want gewoonlik sal dogter sulke dinge eerder vir ma vertel vir hulp nie om stil te bly nie maar vir HULP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.