Man wat sy vrou, homself doodskiet was oud-polisiebeampte

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat sy 33-jarige polisievrou glo Sondagoggend doodgeskiet het en toe selfmoord gepleeg het, is verlede jaar uit die polisie ontslaan.

Daar is vroeër berig dat Lita Balekile (33) glo omstreeks 4:00 Sondagoggend sy vrou in hul huis in Ezibeleni naby Queenstown in die Oos-Kaap doodgeskiet het.

Hy het glo hierna na die bure gegaan en vir hulle gesê hy het sy vrou doodgeskiet. Terwyl die bure die polisie ontbied het, het die man homself doodgeskiet.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die motief vir die moord en selfmoord is nog nie bekend nie. Die polisiekonstabel word oorleef deur haar vierjarige dogtertjie.

Soci het intussen aan Maroela Media bevestig dat Balekile in Oktober verlede jaar uit die polisie ontslaan is nadat daar bewerings van verkragting teen hom gemaak is.

Soci sê Balekile is nooit formeel aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.