Daar is vroeër berig dat Lita Balekile (33) glo omstreeks 4:00 Sondagoggend sy vrou in hul huis in Ezibeleni naby Queenstown in die Oos-Kaap doodgeskiet het.
Hy het glo hierna na die bure gegaan en vir hulle gesê hy het sy vrou doodgeskiet. Terwyl die bure die polisie ontbied het, het die man homself doodgeskiet.
Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die motief vir die moord en selfmoord is nog nie bekend nie. Die polisiekonstabel word oorleef deur haar vierjarige dogtertjie.
Soci het intussen aan Maroela Media bevestig dat Balekile in Oktober verlede jaar uit die polisie ontslaan is nadat daar bewerings van verkragting teen hom gemaak is.
Soci sê Balekile is nooit formeel aangekla nie.