Man wat sy vrou vermoor, swaar gestraf

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

ʼn Man van die Oos-Kaap is swaar deur die hof gestraf nadat hy sy vrou doodgeskiet het.

Nkululeko Michael Sithonga (49) is Vrydag 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy vrou, Viwe Bhele.

Bhele (40) se liggaam is op 6 Maart verlede jaar deur die polisie in haar huis in die Oos-Kaap ontdek. Sy het ʼn skietwond opgedoen en ʼn kombers was oor haar liggaam gegooi. Sithonga het aanvanklik van die toneel gevlug, maar hom die volgende dag aan die polisie in Bholothwa oorgegee.

Volgens kapt. Laraine Jonker, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, is hy borgtog geweier en hy het in aanhouding gebly tot die vonnisoplegging in die Lady Frere-landdroshof.

 

Die provinsiale polisiekommissaris het die vonnisoplegging verwelkom en weer beklemtoon dat geweld teenoor vroue en kinders nie geduld sal word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Perdeby ·

Noem julle 20 jaar swaar straf nadat hy sy vrou doodgeskiet het. Sjoe lewenslank sonder parool is swaar.

Shakespeare ·

En Zuma wat al soveel dood, verwoesting en
werkloosheid veroorsaak het loop en lag. Die regstelsel
stink !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.