Man wat tienermeisie glo vermoor, laat vaar borgtogaansoek

Amahle Quku (17) is in Junie vermoor.

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 17-jarige meisie van Philippi, Kaapstad, vermoor het, het sy aansoek om borgtog laat vaar.

Leonard Mzingeli (25) staan tereg vir die moord op Amahle Quku, wie se naakte liggaam verlede maand in ʼn grasveld digby Albert Luthulistraat in Browns Farm gevind is. Daar was klippe langs haar erg gekneusde liggaam.

Dit is in dié stadium nog onduidelik of ʼn klag van verkragting by die saak teen Mzingeli gevoeg gaan word.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het gesê Mzingeli het Dinsdag sy borgtogaansoek laat vaar nadat die saak teen hom verlede week uitgestel is.

“Die saak is nou na 6 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel,” het Ntabazalila gesê.

Mzingeli bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

Buite die hof het gemeenskapslede Mzingeli se kop geëis.

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het Mzingeli se besluit om sy aansoek om borgtog te laat vaar, verwelkom. Hy het gevra dat die provinsie se eenheid wat hofsake dophou ook dié saak monitor en verseker dat elke afdeling van die strafregstelsel optimaal funksioneer.

Fritz het gesê ʼn boodskap van “jy gaan gevang en vervolg word” moet aan oortreders van geslagsgebaseerde geweld oorgedra word. Die polisie moet ook dié sake hanteer met die erns wat dit verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Miskien sou ‘n boendoe-hof ‘n meer regverdige straf toegepas het. Sy was 17, met ‘n leeftyd voor haar.

Cabytheron ·

Hoekom eis die protesteerders nie altyd die kop van alle misdadigers nie? Dink net, as misdaad kan afneem in ons land, hoe wonderlik sal dit nie wees nie. Dit is jammer dat ‘n 17 jarige meisie se lewe geneem was deur ‘n misdadiger. Sterkte aan haar familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.