Man wat treinkabels steel gevonnis

Argieffoto

’n Man is Vrydag tot effektief 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy oorhoofse treinkabels naby die Heideveld-treinstasie in Kaapstad in die Wes-Kaap gesteel het.

Abrahams Isgak Terblanche (33) is kort ná 11 ander verdagtes se inhegtenisneming vasgetrek nadat dié groep in Maart vanjaar op heterdaad betrap is.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is Terblanche tydens dié rooftog beseer toe hy ʼn lewende kabel gesny het. Sers. Daryl van Noie het alle moontlike leidrade opgevolg en kon daarin slaag om Terblanche ’n kort ruk daarna op te spoor en in hegtenis te neem in verband met die groep se diefstalpoging vroeër vanjaar.

Terblanche se 11 medebeskuldigdes wag steeds op hul verhoor. “Hulle staan tereg op aanklagte van die kwaadwillige beskadiging van eiendom,” het Traut gesê.

Terblanche is skuldig bevind en het ʼn vonnis van 15 jaar tronkstraf vir diefstal van nie-ysterhoudende metaal ontvang. Hy is tot ʼn verdere 15 jaar gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), sê Traut.

Dié vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

“Diefstal en skade aan die spoorweginfrastruktuur is ernstige misdade met nadelige uitwerking op ons openbare vervoerstelsel. Ons moedig die publiek aan om enige misdrywe aan te meld by Stop Misdaad op 08600 10111,” sê Traut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anita ·

5 jaar gelede was ek met ‘n reis uit Nederland na Praag, op die oggend toe ons arriveer het die gids ons vertel dat 3 eienaars van SKROOTwerwe in hegtenis geneem was vir die aankope van onwettige kabeldiefstal. Nie die dief nie maar die Koper. Kan dit miskien hier ook gebeur en sodoende die diefstal verminder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.