Man wat valskermsweef ernstig beseer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het ernstige beserings opgedoen tydens ʼn valskermsweefongeluk in Sundra, Mpumalanga.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het glo probeer land toe hy ʼn muur getref het. Hy het ernstige beserings opgedoen.

“Paramedici van Netcare 911 en nog ʼn ambulansdiens het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die voorval het omstreeks 16:30 plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GES ·

Dit is ʼn opwindende sportsoort maar ongelukkig gevaarlik. Die sweeftuig is uitgelewer aan die elemente van die natuur. Wees maar versigtig….

Flyer ·

Goeie dag.
Ek het saam die man gevlieg toe die ongeluk plaas gevind het ek het in die veld geland waar die persoon probeer land het en was eerste op toeneel. Dis n motor aan gedrewe valskerm vlerk en sy motor het uit gesny oor die veld. Hy het n landing probeer uit voer en ongelukkig was daar diere in die veld en om hulle te vermy gedraai en die muur getref. Ek het kort daarna in die veld geland. Hy het al twee sy bene gebreek op die slag van die muur skop en reg deur die paneel muur langs die pad stil gekom. Onder omstandighede het hy die regte ding gedoen en verder torso beserings so vermy. Sy enjin op sy rug het baie impak ge absorbeer en verseker torso beserings verhoed. Dis n frats ongeluk en gebeur nie dikwels nie. Hy word versorg in hospitaal en sal vanmiddag sy eerste herstel operasie ondergaan.

Johan Gouws ·

Chris ons staan saam en vertrou Jesus raak jou aan en vertou vir volkome genesing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.