Man wat visvang deur krokodil aangeval

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

ʼn Man is per helikopter van Nelspruit na Johannesburg gebring nadat ʼn krokodil hom aangeval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het Dinsdagmiddag by die Komatipoortdam visgevang toe hy aangeval is. “Die man het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal in Nelspruit gehaas vir behandeling.”

Hy is egter Woensdag na ʼn Johannesburgse hospitaal oorgeplaas. Volgens Mathe het die man gespesialiseerde mediese sorg in die helikopter ontvang. “Hy is in ʼn hospitaal met ʼn uitstekende trauma-eenheid opgeneem.”

Verdere besonderhede oor die voorval was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sakkie lang tand ·

As hy DOOM by hom gehad het dan sou dit nie gebeur nie……

ANDRE ·

Die hele land is vol krokodelle , party kruip weg in vuil water en die ander in vuil politiek.

Magda ·

Daai hele plek is besmet van die krokodille.
Baie dom move van die ou gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.