Man wat visvang verdrink

Port Shepstone (Foto: LekkeSlaap)

ʼn Man het verdrink toe hy gister van die dolosse by die Umzimkhulu-riviermond in Port Shepstone geval het terwyl hy visgevang het.

Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) by Shelly-strand in KwaZulu-Natal is Donderdag teen 14:45 gevra om die polisie se honde-eenheid en die soek- en reddingseenheid te help. Dit nadat hulle inligting ontvang het van ʼn man wat vermis geraak het terwyl hy visgevang het.

“Die reddingsboot Spirit of Shelly is met paramedici en reddingswerkers aan boord ontplooi en het die see by Port Shepstone deursoek,” lui ʼn verklaring op die instituut se webtuiste.

“Tydens die soektog is die liggaam van ʼn 25-jarige man in die water opgespoor. Hy het na wat verneem word op die dolosse staan en visvang en toe in die water beland.”

Die liggaam is deur Med-Evac se reddingstuig uit die water gehaal en na die strand gebring. “Hier het paramedici hom dood verklaar,” lui die verklaring.

Die polisie doen ʼn nadoodse ondersoek”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Zacahara

Hartseer!!!