Die polisie in die Vrystaat sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op die 73-jarige Theunis Bosch op die plaas Mynrust naby Vredefort nie.
Bosch is Vrydagoggend dood in sy huis aangetref, maar is vermoedelik reeds Woensdagaand al vermoor. Hy het kort tevore by sy suster, Susan, en haar man, Johannes Maree, gekuier. Susan en Theunis is ʼn tweeling.
Bosch het in ʼn kleiner huis op die plaas, sowat vier minute se stap van die Marees se huis, gewoon. Hy het gereeld by hulle gekuier en was ʼn rustige, maar veiligheidsbewuste man, het Johannes aan Maroela Media gesê.
“Sonder uitsondering bevestig almal wat bel sy rustige geaardheid en dat hy nie ʼn vlieg kon skade aandoen nie. Hy was lankal nie meer in ʼn werksituasie waar hy op enigeen se tone kon trap en weerwraak die rede [vir sy moord] kon wees nie,” het hy gesê.
Die Marees het aanvanklik nie onraad vermoed toe hulle Bosch ná Woensdag nie gesien het nie. Hulle het aangeneem hy is moontlik saam met ʼn vriend na die Nampo-oesdag op Bothaville. Sy selfoon het egter onbeantwoord gelui en sy huis was gesluit.
ʼn Venster was wél gebreek, het Maree gesê.
“Ironies genoeg het hy Woensdag vir ons gesê hy besef nou hoe maklik ʼn plaasaanval kan gebeur,” het Maree gesê.
Bosch het Woensdagaand tydens sy besoek aan die Marees vertel dat ʼn motor met vier insittendes by sy huis stilgehou het en dat die mans vir water vir die voertuig se verkoeler gevra het. Bosch het gevra dat net een van die mans uitklim en het vir hom water gegee. Die vermoede bestaan dat dieselfde mans teruggekeer het na die plaas en Bosch aangeval het, het Maree gesê.
Hy het gesê die opening by die gebreekte ruit sou waarskynlik net ʼn jong kind kon deurlaat en dat dié persoon moontlik ander betrokkenes in die huis kon inlaat.
Vrydag, in die vroeë oggendure was Susan steeds onrustig oor haar broer en het die Marees met ʼn flitslig probeer kyk of Bosch dalk al teruggekeer het. “Sy radio het aangehou speel, so asof hy net hier is, en die woonkamer se lig was aangeskakel,” het Maree gesê. Die huis was deurmekaar, maar daar was geen teken van Bosch nie.
Maree sê hy het Vrydagoggend met ʼn ystersaag die diefwering by die gebreekte ruit oopgebreek en in die huis op sy swaer se bebloede liggaam afgekom. “Sy hele liggaam, sy hande, sy gesig was vol bloed. Dit was nie mooi nie.”
Bosch is vermoedelik doodgeskiet.
Daar was bloedspatsels by die gebreekte ruit en ook in die badkamer en kombuis, vermoedelik van die persoon wat deur die ruit geklouter het.
In dié stadium word sy beursie met bankkaarte en sy ID vermis. ʼn .22-pistool is ook gesteel.
Die Marees was vandag besig om Bosch se huis op te ruim en deur sy dokumente te werk.
“My vrou is baie sterk. ʼn Mens kan nie so iets oorwin nie, maar sy hanteer dit,” het Maree gesê.
Maree sê sedert hy dit in 1994 begin opteken het, was daar 24 plaasaanvalle in die kontrei. In verskeie gevalle is mense vermoor, maar niks of bitter min gebuit nie, het hy gesê.
Die Marees woon op die plaas, maar verhuur die boerderygrond. Ten spyte van die tragedie, beoog hulle nie om nou op te pak en trek nie, het hy gesê. “Ons het nog Psalm 91 wat by ons is.”
Volgens ao. Loraine Earle, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, word twee wapens vermis. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het Earle gesê.
ʼn Roudiens vir Bosch word na verwagting Maandag om 11:00 in die AGS Kerk op Vredefort gehou.
Rus in vrede Theunis Bosch. Die kiesers wat vir die VF gestem het, het aangedui dat dit tyd is om terug te slaan, hoe lank moet hulle nog wag!
Nee, die kiesers wat VF+ gestem het, het gestem om deel van hierdie verrinneweerde, siek SA te bly en nie vir ń eie gebied buite hierdie huidige korrupte regering nie…
Elke dag lees jy nou van plaasaanvalle dit is asof dit skielik die hoogte in geskiet het.Wat gaan aan waarom raak dit erger en nie minder?En wat doen die regering omtrent dit volgens ons president is daar nie plaasaanvalle of grondgrype nie!
Omrede daar nie regte polisie is in SA om die mense te beskerm en die moordenaars te stop nie.
Ag genee dis dan nou amper 2 keer n dag. Wat gaan aan…
Baie hartseer, rus sag oom en sterkte vir die familie
Liewe genade, maar die plaasmoorde kom nou weer thick and fast…
GENOEG is nou GENOEG!!!!!Die Blankes word stelselmatig uitgemoor!Dis net moord as mens die nuus lees. Innige meegevoel aan familie. Toegangsbeheer op plase moet ernstig opgeknap word.
Dit maak n mens siek… gewoontlik die sag geaarde mens wat net goed doen aan almal wat se lewe geneem word, my innige meegevoel aan Mnr Bosch se familie en sy suster… dit is regtig so hartseer om net daaraan te dink wat hierdie familie als moes deurmaak . Ja ek stem J… in vandag se lewe help jy niemand meer kyk wat het met Mnr Bosch gebeur… plaas moorde gaan nooit ophou??? plaas dat hul net vat wat hul wil, maar die lewe van die ou mense spaar”’.
Kom nou VF+ wat is julle plan. Gaan ons iets doen of het ek alweer my stem gemors.
Jan ongelukkig is ons mense nie paraat genoeg en ook nie genoeg veiligheidsbewus nie. Die rede daarvoor is dat hulle nie die omvang van die probleem besef nie. Of ons daarvan hou of nie moet absoluut almal om jou met agterdog bejeen word want soms byt die makste honde die seerste en vreemdelinge moet met nog groter agterdog bejeen word. Voordat mense nie hierdie ingesteldheid het nie is daar niks wat enige politieke party of organisasie daaraan kan doen nie behalwe om mense se ingesteldheid te probeer verander. ń Groot probleem in ons land is dat die hoofstroommedia so liberaal is dat hulle nie oor plaasmoorde wil berig nie omdat hulle nie op tone wil trap nie.
As jy vf+ gestem het, het jy ongelukkig gestem om steeds deel van hierdie land te bly… Jy moet maar aanvaar wat die meerderheidsregering ook al besluit.
@Oom Jaco, die probleem is dat byna helfte van die Afrikaners vir die DA gestem het en baie ander geweier het om te stem, glo omdat dit die ANC sou legitimiseer, in die proses het die VF+ net 10 parlementslede gekry, nie heeltemal genoeg om die verkiesing te wen nie.
Dus moet die VF+ hulle verskil probeer maak in die parlement met 10 mense, dit gaan nie oornag alles verander nie, maar gaan wel geleidelik ons posisie verbeter.
Teen die tempo wat die wittes uitgemoor word gaan hulle voor die renosters verdwyn. En wat doen die ANC? NIKS. Tyd dat die VVO veiligheidsmagte na SA stuur, want die ANC, Polisie en Weermag kan nie SA beheer of mense beskerm nie.
Als goed en wel dat almal altyd op die verdediging is (moet wees) om te verduidelik hoekom die persoon niks gedoen het om dit te verdien nie. In die land hoef jy absoluut niks te doen om brutaal vermoor te word nie. Hulle doen dit want hulle geniet dit.
Die plaasaanvalle is ‘n beplande strategie deur die ANC/EFF/BLF . Hulle is almal kop in een mus.
Dit is korrek.
Hulle het ondergrondse organisasies wat die aanvalle uitrig.
Die Kommando stelsel moes nooit opgehef geword het nie. Die enige manier on op te tree is om uit eie geledere weermag patrollies op die been te bring. Ek dink ook aan iets soos n marnet stelsel en seker maar paniek knoppies gekoppel aan ñ alarmstelsel en ñ operative beheer sentrum. Ek weet dit is Malik om te praat. Dalk is dit te dat almal betrokke raak by Roland de Vries se Nehemia projek.
En nou cr??? Wat gaan jy nou weer lieg oor Die moord?
Die BLF en die EFF is die ANC se “hit squad”.
Nog ‘n lewe vernietig en nog ‘n familie wat by ‘n graf moet staan en die hartseer moet verwerk en nog ‘n Ramaposa wat gesê het daar is nie plaasmoorde nie en nog ‘n Cele wat nie moordenaar van die strate kan afhou nie. Weerlose mense wat uitgemoor word en almal word gesoek want meeste is nie van hier. Kla Ramaposa en Cele aan en laat hulle betaal niks en niemand kan die hartseer weg vat nie.
Dis baie jammer. Dis ook jammer dat Cyril met n vroom gesig elke dag daar sit terwyl die dinge gebeur. Dis ook jammer dat die res vd wereld ons aan ons lot oorlaat. Gaan ons volgende week ook sê dis jammer dat ons nie vandag kragdadige georganiseerde aksie geneem het nie ?
Hulle kan nie plase vat solank daar n komando is nie dis hoekom hulle moes gaan
Kom ons wees ‘n bietjie eerlik. Die ANC en sy venote sit nog hulle “struggle” voort. Hulle het voor 1994 grotendeels aanvalle op plase gedoen. Nadat die ANC die regering oorgeneem het, het hulle nognie vir hulle “strugglers” gesê dat hulle kan nou ophou om plase aan te val nie. Dus gaan hulle nog voort en hulle sal voortgaan tot die regering eendag formeel vir hulle sê hulle kan ophou. Ons gaan nog aanvalle kry vir dekades en totdat die totale with boer bevolking uigewis is en dan sal hulle die stedelike bevolking teiken. Die hartseer is dat die swart boere ook geteiken word en hulle sal net so uigemoor word totdat die aanvallers formeel gesê word hulle kan ophou.
Al die moorde word nou oorsee gepubliseer met gepaardgaande videos sodat die internasionale gemeenskap kan sien hoe lieg Ramaphosa met sy ontkenning van die konstante moorde op blanke boere!!!!
Ai toggie!Dis so onnodig en tragies.Net twee Midband handradios ,een in elke huis op die plaas, kon dit heelwaarskynlik verhoed het.Daai radiotjies kan aan jou gedra word en is baie lig en doeltreffend en kos + – R1900 elk. Reikafstand is so 2-3 km soos die kraai vlieg tussen hulle.Ons gebruik 4 sulke radios tussens ons familie se 4 huise op die plaas en hulle werk baie goed.Dit skakel ook selfoon bel kostes grootliks uit tussen ons.
Ek het in die geskiedenis van SA probeer vasstel of daar een gebeurtenis was waar die Afri kaner geweld met geweld in vredestyd beantwoord het, maar kon niks kry nie.?
Elke dag die verhaal van moord op blankes, boere, elke dag die afgryse van moorde op die Kaapse vlakte, twee groepe moet uit gemoor word, en ons groepe staan nie saam om op te staan as een groep tesame skreeuend GENOEG IS GENOEG BRING DIE DOODSTRAF TERUG…….waar is ons leiers , waarom kan ons geen teenstand bied? waar is ons modern helde, as volk moet ons in vrede saam leef, maar ons word stelselmatig uit gemoor, waar kan ons heen hardloop…kortbroek het gehardloop maar ons bly deel van hierdie land en moet iets doen om in vrede te leef. Die buitelanders moet ook terug gestuur word hulle dra ook by tot diefstalle …net God kan ons help.