Maj. Mack Mngomezulu, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man was nie ʼn Suid-Afrikaner nie, maar het van die Demokratiese Republiek van die Kongo se ambassade af gekom.
Mngomezulu het vroeër gesê die man was besig om sy bagasie voor die hotel af te laai, toe hy deur drie gewapende rowers oorval en sy bagasie gesteel is. Een van die rowers het die man in die kop geskiet voordat hulle op die vlug geslaan het.
Pascal Fouquet, algemene bestuurder van die hotel, het die voorval bevestig en gesê die man het ʼn bespreking by die hotel gehad, maar was ten tyde van die voorval nog nie amptelik as gas ingeteken nie. “Ons weet nie veel van die voorval nie omdat dit voor die hotel gebeur het en nie binne die hotel nie,” het hy gesê.
“Ons het reeds ʼn hoë vlak van veiligheid by die hotel, maar natuurlik kan iemand iets doen as hulle wil. Nadat so iets gebeur het, sal ons natuurlik kyk of daar veiligheidsmaatreëls is waarop ons kan verbeter.” Fouquet het verdere navrae na die polisie verwys.
Dis ‘n gevaarlike deel van die stad daar rondom die Uniegebou.
Hoe mooier en mooier word Suid-Afrika se naam aan ons buiteland uitgebeeld. . .