Man wat vrou glo met handgranaat gooi, gee homself oor

Argieffoto

Argieffoto

Die man wie se vrou dood is nadat hy haar glo gedurende ʼn rusie met twee handgranate gegooi het, is ʼn voormalige lugmag-kolonel en MK-vegter.

Maj. Thulani Zwane, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, het gesê die 44-jarige man het homself Woensdag by die Amanzimtoti-polisiestasie oorgegee. Hy sal Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en die besit van plofstowwe.

Maroela Media het vroeër berig die man was sedert Sondag soek nadat hy glo in die vroeë oggendure sy vrou met twee handgranate gegooi het. Een het ontplof en die vrou is met haar aankoms by die hospitaal dood. Die man het daarna van die toneel gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa ·

“Voormalige”…………….. Nou wat maak hy met handgranate? (Stupid vraag – volgende een)!!

Piet Pompies ·

Die 2de handgranaat was vir sy skoonma indien sy dalk haar opwagting maak….

Pierre Celliers ·

Kolonel? en hy weet nie watse skade net een handgranaat aan net een persoon kan doen nie??????! Verbysterend, om die minste te se!!!!!!

Kaspaas ·

Tipiese MK gemors, het nie aandag in die handgranaat klas gegee nie. Hulle was nog altyd lafaards.

volksmoord ·

Wonder hoeveel grenate nog daar buite is in die hande van teroriste hier in SA.
Dis wat jy kry as jou land se grense oop gemaak word

Winston ·

Hy het gedink dis n skokgranaat of n plastiek speelding uit China. Hou sy pleitverduideliking dop. Strafbare manslag en op parool binne drie maande.

Polaris ·

Skokkend! Ek is besig om erg rassisties te word in die nuwe SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.