Man wat vrou glo met handgranaat gooi weer in hof

Joel Mahoase in die hof. Foto: ANA

Joel Mahoase in die hof. Foto: ANA

Die man wat na bewering sy vrou doodgemaak het deur haar tydens ʼn rusie met ʼn handgranaat te gooi, sal eers in Maart 2017 verhoor word.

Joel Mahoase het Maandag vlugtig in die hooggeregshof in Durban verskyn waar die saak tot volgende jaar uitgestel is.

Maroela Media het vroeër berig Mahoase het glo sy vrou, Lesego, op 31 Augustus verlede jaar in hul huis in Amanzimtoti doodgemaak. Volgens die bewyse wat vroeër in die Durban-landdroshof gelewer is, het Mahoase die betrokke dag teruggekeer van ʼn begrafnis af. Laat die aand, terwyl die egpaar se vyf- en agtjarige kinders geslaap het, het hy en Lesego oor geld begin stry.

Volgens die staat het Mahoase twee handgranate na Lesego in die kombuis gegooi waarvan een ontplof het. Lesego het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas waar sy later dood is.

Mohoase se regspan voer egter aan dat hy ʼn besering aan sy linkerhand gehad het wat dit vir hom onmoontlik sou maak om die pen van die granaat uit te trek. Die hof het ook tydens die borgtogverhoor gehoor dat die polisie versuim het om vingerafdrukke van die tweede granaat, wat nie ontplof het nie, te neem.

Mohoase is tans op borgtog van R5 000 vrygelaat. Lees alle vorige berigte oor Joel Mahoase op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theresa B ·

Regtig!! En hy kry borg?? Hy kon tot Maart 2017 in die tronk gesit het………………..

Kiepie ·

Ek hoop daar word ondersoek waar hy die handgranate vandaan gekry het. Dis tog nie iets wat jy sommer te koop kry nie.

Grap ·

Geen probleem met die seer hand nie maar waar en hoe het hy handgranate bekom?????

KarooKlong ·

Hy het op een of ander manier ‘n kolonel geword in die weermag en op een of ander manier het die granate saam met hom na sy huis toe gegaan.

Kiepie ·

Is dit feit KarooKlong, of is dit wat jy dink gebeur het? Want as dit feite is hoop ek daar word ‘n ondersoek na gedoen.

Jakes ·

Korrek. Maar uit weermag ook weg- het ‘ tavern gekoop met pakketgeld.
Sien hom nog in dorp weekliks.

KarooKlong ·

Gaan terug in die Maroela argiewe, ek het gaan kyk.
Ander koerante het ook bietjie meer inligting, ja ek het daar ook gaan kyk voordat ek dit geskryf het.

Piet ·

Hy lyk baie skuldig, maar dit is n hengse probleem as mense skuldig bevind word op afleidings wat gemaak word i.p.v knap speurwerk en goeie forensiese getuienis. Hoe de duiwel gooi jy mense met bomme en dan word daar nie eers fingerafdrukke geneem nie? Swak speurwerk is die enigste rede waarom daar ook nooit genoeg antwoorde in die Oscar saak sal wees nie. In Amerika sou die waarheid duidelik en die staf behoorlik gewees het.

Jakes ·

Piet, die arme man het met LEWENDIGe granaat huis verwoes- daar is GEEN prints! En ja, wie steel ook ‘n dooie granaat- Kolonel het!

Piet Snot ·

Genant, moenie als glo wat jy in Amerikaanse polisiereekse sien nie.

Johann ·

Maroela. Doen ons n guns en berig asb feitelik oor die agtergrond van presies wie die man is? M.a.w. waar kry hy toegang tot twee handgranate? En wat is sy “connections” met die POLISIE? Want hoe anders is wat nou gebeur moontlik sonder blatante polisie misconduct, Nie net die hantering van die gebeure nie; die ondersoek na waar iemand TWEE HANDGRANATE kry? In vandag se tereur siek wereld, loop n SUIDAFRIKANER met 2 handgranate rond? Absurd!

Jakes ·

Johann? Het jy toegang tot internet??? Google die man OF MM het funksie waar jy nogal ALLE vorige berigte kan vind.

Johann ·

Of het hy pelle in Simonstad wat vir hom van hulle goedere aangepass het na hulle inbraak by die Vlootbasis? Skokkend…

martin ·

Ek weet ek is ‘n bietjie laat maar afgesien van die feit dat hy sy vrou met die handgranate gegooi het, hoeveel jaar vir onwettige ammunisie in jou besit? Ek wonder wat het hy nog daar rond ……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.