Man wat ‘wit mense en Indiërs wil vermoor’ aangekla

'n Skermskoot van een van Mcambi se inskrywings.

‘n Skermskoot van een van Mcambi se inskrywings.

Strafregtelike klagte is Sondag teen ʼn Facebook-gebruiker ingedien nadat hy op die sosialemedianetwerk gedreig het om wit mense en Indiërs te vermoor.

Ene Obatala Mcambi het ook op Facebook versoek dat wit mense en Indiërs se kinders verkrag moet word. “I use my guns to rob and kill Indians & Whites. Please fellas, join me, we have to rape their kids with AIDS virus too! (sic),” het hy geskryf.

Yusuf Abramjee, aktivis en gemeenskapsleier, het klagte van intimidasie, haatspraak en aanhitsing tot geweld by die Brooklyn-polisiekantoor aanhangig gemaak teen Mcambi. “Kom ons hoop hy word nou in hegtenis geneem en aangekla,” het Abramjee gesê.

Mcambi het ook foto’s op sy profiel van ʼn man wat ʼn vuurwapen in die lug hou. In ʼn ander foto lê ’n vuurwapen in ’n motor se paneelkissie, met die byskrif: “Kill the pigs!”

Abramjee het mense aangemoedig om in hul duisende na polisiestasies op te ruk en ook aanklagte teen Mcambi aanhangig te maak om te verseker dat daar teen hom opgetree word.

Skermskote van Mcambi se inskrywings is wyd op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Voorlaaier ·

Kom ons kyk of hy dieselfde behandeling kry as Penny Sparrow..

Jo ·

“All Diere is gelyk Maar sommige Diere is meer gelyk as ander”.
Anglisering van Animal farm

Stella Barnard ·

Danki Mnr Yusuf Abramjee..ten minste is dar iemand wat di guts het om teen di rasis op te staan..waar is ons wittes..faceboek warriors dis al!! Wens ek was dar..sou ook klag gaan lê het

Bekommerd ·

Geskiedenis is besig om homself te herhaal. Ons MOET terug draai na God toe.. dis al antwoord.

pieterdp ·

Om net Jou op God te draai en te verwag Hy moet vir jou als op los en jy sit daar soos n lyk en doen self niks. Gaan Hy vir jou ook niks doen nie. Jy moet jou God aan hang en in jou hart dra dat hy jou kan ly om die regte stape in die lewe te kan doen Jy moet die instriment in Sy hande wees. Soos God ons beveel om die hand aan die ploeg te slaan en toe te laat dat hy ons bestuur.

Piet Pompies ·

Hi Pieterdp, ek deel Bekommerd se sentiment. God se antwoorde op ons gebede gaan die mens se verstand te bowe. Ons as Suid Afrikaners (die meerderheid in SA) moet terug draai na God toe om oplossings te kry vir ons land se probleem.

AL ·

Pieterdp praat die waarheid. Ons kan nie net die Here ken wanneer dit ons pas nie.
Ons moet Hom opreg dien in ons lewe.
Ons moet altyd vir Hom vra wat Sy plan is vir ons lewens. Passiwiteit gaan ons nêrens bring nie. Die Here verbaas my elke dag hoe goed alles meewerk vir my op die ou einde.

Dennis ·

Ek stam saam met Pieterdp, as die voortrekkers destyds slegs gebid het, het ons almal nou nog in die Weskaap gewoon. Saam met gebed kom aksie in geloof, hetsy die aksie verdedigend of aanvallend is. Selfs in die Bybelse tyd het God nie net die gelowiges gegee wat hulle voor gevra het nie, hulle moes elke keer letterlik veg vir wat hulle wou he!

elsabe deyzel ·

Mense kaN jul nie sien wat aangaan nie almal soek na iets ma daai iets is GOD alleenlik Hy het bonatuurlike krag om die wereld om te keer en te herstel

paul ·

Hy gaan die boete betaal met die geld wat hy geroof het,,ha ha ha

Pierre ·

As ek so na daai foto van hom kyk sien ek net een helse groot lugleegte… niks tussen die ore, shaime..!

Hennie ·

Is Jusuf Abramjee die enigste een in hierdie land wat teen Mcambi aksie neem? Moet ons dit nie in ons duisende doen nie? Komaan mense, kom ons ondersteun Mnr. Abramjee!!

AL ·

Ek stem! Gee hom die ondersteuning! Ons almal hoort in SA! Dis God se aarde, nie die mensdom s’n nie.
Die grense is al lankal verskuif – ons is n ‘global village’.

AN ·

Goeie idee, Hennie, maar wat het jy persoonlik gedoen? Sal graag iets wil doen, maar wat?

snoefie ·

niemand wat hier lees het die moed om na hulle naaste polisiestasie op te ruk en n klag te gaan lê nie, mnr abramjee. dit sal mos beteken hulle mort gesig wys en die foontjie met sy anonimiteit bêre. hulle vra wragtig vir fisieke adres ook.

snoefie ·

AN hoe dink jy weet ek hulle wil fisiese adres hê? dit staan beslis nie op hulle webwerf nie. hoe meer mense klagtes gaan lê, how beter die kans dat daar teen die rassiste opgetree sal word.

Karen ·

Ek stem 100% presies wat ons moet doen, ek gaan vandag nog ‘n klag lê en moedig elke 1 van julle wat hierdie berig lees om dieselfde te doen, tyd om ons verskille eenkant te sit en saam te staan!

Piet Pompies ·

Ons het meer mense soos Yusaf nodig…. ek hoop van harte dat Obatala sy dag in die hof gaan kry en die nodige straf sal ontvang. Volgens se manier van skryf is daar ‘n tekort aan opvoeding.

Justice ·

Mcambi is `n element wat permanent uit die samelewing verwyder moet word. Hy is onrehabiliteerbaar.

Andréas ·

Daar word vertrou dat soos reeds genoem die stappe teen hierdie “Haatspraak” wel geneem sal word en tot vervolging/ vonnisoplegging sal lei. Let dat in die een foto daardie broekspyp darem baie naby aan “blou” uniform lyk…

Blou ·

Ek het dieselfde gedink… die blou naat ook dis blou uniform…

sharon ·

mmmmm die broek!!!dalk polisie uniform of n sekuriteit !!!! waar kom die wapens vandaan? sal maar opvolg !!!hoop hulle vind hom spoedig!!!

Christelle ·

Presies wat deur my gedagtes gegaan het, lyk soos polisie uniform broek…

Marius ·

Andreas jy is reg dit is blou polisie uniform daar is n ingewerkte naat in broek en daai skoene is magnum Hi tech boots polisie word uitgereik met daai skoene.

Thinus ·

Watter IK?
Die ligte is aan by hom, maar verseker is daar niemand tuis nie

Herman ·

Ek mag nie eens wettiglik, twee handwapens hê nie maar hierdie perd het sommer 3! Ek glo dit is onwettig omrede die serie nommer afgevyl is, maar die wetgewing bind my omrede ek n “wetsgehoorsame burger” is!!!

Spike ·

Don’t dignify this idiot’s social media utterances with a response

tokkie ·

Kom ek raai – daar gaan niks teen hom gedoen word – hy is nou ‘n hero

Johann ·

Nou wil ek graag sien die komende week of twee, hoeveel wittes en Indiers gaan vermoor word.
Hou maar die nuus dop julle.
Elke keer as sulke haatspraak gepubliseer word, is daar ‘n verhoging in die moorde.

celeste ·

Daar gaan niks met hom gebeur nie. Gisteraand op Carte Blance het hulle gewys hoe die boere afgemaai word. Daar is ook gewys dat Malema n interdik teen hom het om nie grondbesetting aan te hits nie. Ek hoop nie Afriforum dink dit gaan hom keer nie. Niks keer hom om die woord nogsteeds onder sy lede te versprei nie. Dit raak duidelik elke dag dat dit lankal nie meer gaan oor grond nie maar wel om wittes uit te wis.

John ·

Interessant dat nog ‘n ras bygevoeg word. Die Indiers sit nou regop, maar was hulle voorheen besorg oor die moorde op wit mense? Dit klink soos ‘n Mosambieker al is dit ‘n pseudo.

Dan ·

Abramjee was nog nooit voorheen bekommerd oor moorde op blankes of uitsprake teen hulle nie. Nou dat Indiërs betrek is word daar van hom gehoor.

Asmain ·

Net so…die oomblik toe Indiers genoem word is Abramjee in die prentjie, maar met haatspraak teen blankes is die stilte oorverdowend!
Dalk sal die MRK aandag gee aan klagtes deur Indiers…

Shane Dörfling ·

Die ironie hier is, na ek die skurk bekend gemaak het op Facebook, was ek vir 7 dae geblok.

AL ·

Facebook het ook niks offensief gelees in die swart haatsprakers wat ek gerapporteer nie.

Marietha ·

Maroela Media hoe kan jul opskrif se “man is aangekla”?? Dis nie waar! ‘n Persoon word aangekla sodra hy in hegtenis geneem is en voor die hof verskyn. Op hierdie stadium is nog slegs net’n saak aanhangig gemaak. Daar is wesenlike verskil tussen aanhangig maak en aangekla. Moenie misleidende opskrifte plaas nie

cor ·

Nie die polisie nog die mense regte komissie gaan iets aan die saak doen nie. Was dit n blanke wat dit gewaag het was geen steen onaangeroer om hom op te spoor en voor die gereg gebring. Inteendeel hy was al teendie naweek toegesluit. Hierdie saak gaan ‘n stadige dood sterf , die pers gaan nog so bietjie aandag geeen dan los hulle dit ook.

Anoniem ·

Het hy vuurwapenlisensies vir sy vuurwapens? Indien wel, behoort dit teruggetrek word na hierdie facebook post – die man is ‘n gevaar vir die samelewing.

Rynhardt ·

Ek het onlangs die mees veeskriklike foto’s gesien van hoe baba’s op plase deur moordenaars verkrag word, want hul glo hul gasn van vigsgenees word.Daarna word die baba’s aan die brand gesteek.Dit is afgryslik wat tans gebeur en daaroor bly hoofstroommedia tjoepstil!!Meeste wittes het nie n benul wat tans aangaan in SA nie.Die engelse het n uitdrukking:”Take a stand in life”.Die verkragting van wit en Indier kinders met vigsvirus wat deur man aangemoedig word is niks nuut nie! Dit word opsetlik aangemoedig.Baie mense het nie n benul wat tans aangaan in SA nie!

Yvette ·

Rynhardt, dankie vir die info! Ek weet dit is waar.
Kan jy daardie fotos op sosiale media plaas,asb. Koerante, gewone tv nuus verswyg alles, daarom weet mense nie wat op plase aangaan nie- en hul moet weet.Gebruik die internet. WYS DIT.
Baie dankie baie seen.

Christo ·

Ek wonder net hoe ver sal die saak gaan voor dit net weer dood loop, soos in meeste van die ander gevale?

TM ·

Hy het nou weer ‘n pentium 1 rekenaar en drie lucky packets met geweertjies en lekkertjies in vir sy verjaardag gekry en nou is hy verveeld en soek aandag. Daar gaan niks met hom gebeur nie.

Benito Odendal ·

Die EFF gaan die banke weer volsit in die hof……Ons ALMAL weet wat die uitkoms gaan wees…iets soos ‘n fire pool verduideliking….en dis waar dit gaan eidig anyway…..As Musi iets gaan se oor die ou of sy kamerade in die EFF aanvat ……OF …as haatspraak na ALLE kante oor die selfte kam geskeer gaan word …Daadie dag begin ons met invoere van kaas vanaf die maan !!!!

Penellope Jones ·

Sal daar ooit iets van kom?
Sal hy gestraf word daarvoor?

Chaparel ·

Of hy nou gestraf word of nie hy gaan n stadige dood tegemoed want die aids het hom kom haal, hy het die doodstraf oor homself uitgespreek.

Drakensberger ·

Hy sê ‘I use my guns to kill……’, nie dat hy dit nog wil doen nie! Die polisie moet hierdie ding gou opspoor en hopelik kan hulle beslag lê op die (onwettige) vuurwapens en ballistiese toetse daarop doen. Tien teen een word hy verbind met ‘n klomp moorde!

Rina ·

Hoe sal dit in SA gaan as al die wittes en Indiers verdwyn? Of hoe sou dit gelyk het as hulle nooit hier was nie……..ek wonder maar net!

Theresa ·

Is sy wapen(s) wat hy op sosiale media adverteer as moordwapen(s) gelisensieerd? ONS WIL WEET! Waarom is hy nie in hegtenis geneem nie? Hy dreig met die teenswoordige tyd – maw hy is reeds besig daarmee, hy vra bloot sy makkers se hulp om meer te doen!!
Waar is die polisiestasie waar ons gevra word om by saam te trek?????
Moenie bekommer oor wie nou eers wakker skrik en waarom nie – ten minste is iemand nou lus om ‘n sametrek te hou om hierdie tipe moordaanwakkeraars (praat nie eers van sy SIEK gedagtes oor kinders nie) teen te staan deur om bymekaar te staan. Uitvaagsel.

ME ·

Is dit nie dalk sulke uitsprake en optrede wat oorspronklik die begin van apartheid aangemoedig het nie? Ek wil nie ‘n winkel, skool, kerk, inkopiesentrum deel met enige mense wat so dink of redeneer nie. Dan moet daar asb. filmteaters, totale winkelsentrums, strande, ens. wees wat verkondig “XXXX Only”, dat die ‘minderheid’ wat nie so dink en redeneer nie kan weet wat om te vermy. As belastingbetaler is ek tog geregtig om myself te beskerm – dan nie?

Charmaine Coetzee ·

God wees hulle genadig want hulle weet nie wat hulle doen nie al hietdie dinge staan geskrywe in die woord van GOD as mens openbaring lees ons beweeg in die eindtyd in

Hendrik vd Westhuizen ·

Daardie stuk been wat uitsteek na die paneelkissie toe waarin die rewolwer vertoon word, lyk vir my baie soos ‘n broek waarvan die nate ingestik is. Amper soos asof dit deel van ‘n polisieuitrusting kan wees??? Wonder maar net……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.