Man weer in hof na hy glo baba as wapen gebruik

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn baba as ʼn wapen gebruik het om sy vriendin mee aan te val, sal na verwagting Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Die saak teen Alexander Forba is vroeër uitgestel vir verdere ondersoek. Forba, ʼn buitelander, is in aanhouding.

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die voorval het op 15 Februarie in die weste van Pretoria plaasgevind. “Die vrou het aan die polisie gesê sy en die man het ʼn argument in hul woonstel gehad,” het Olivier gesê. “Die man het haar gevra of hy die kind se pa was, en haar toe met die baba geslaan.

Die paartjie het daarna na ʼn vulstasie op die hoek van Kerk- en Rebeccastraat geloop. Die polisie het Best Care-ambulansdienste ontbied. Xander Loubser, woordvoerder van Best Care, het gesê die baba was in ʼn handdoek toegedraai en was besig om in haar eie braaksel te verdrink toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die ma en kind is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar die babatjie aan haar beserings beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.