Man weer in hof ná meisie (3) se dood

Mortimer Saunders wat verdink word van die moord op die driejarige Courtney Pieters Foto: Twitter

Die man wat aangekla word van die verkragting van en moord op die driejarige Courtney Pieters, het Woensdag weer in die hof verskyn.

Lede van die publiek het buite die Goodwood-distrikhof betoog waar Mortimer Saunders (40) verskyn het. Landdros Paul Visagie het die saak tot 24 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Colin Lekay, die beskuldigde se regshulpverteenwoordiger, het tydens Saunders se eerste verskyning gesê hy kom nie in aanmerking vir gratis regshulp nie aangesien sy inkomste te hoog daarvoor is. Lekay het egter Woensdag gesê sy aansoek om toegang tot regshulp is goedgekeur, maar dat Saunders nou besluit het om self ʼn regsverteenwoordiger aan te stel.

Saunders se nuwe regsverteenwoordiger het aan die hof gesê sy kliënt wil nie in dié stadium om borgtog aansoek doen nie. Staatsaanklaer Adnaand Gelderblom het gesê die ondersoek in die saak is nog ver van klaar.

Die hof het tydens die beskuldigde se vorige hofverskyning gehoor hy werk by ʼn inbelsentrum en dat sy inhegtenisneming sy werk in gedrang plaas. Die hof het op versoek van Lekay ingestem dat die beskuldigde in die Goodwood-gevangenis se hospitaalafdeling aangehou word aangesien hy glo doodsdreigemente ontvang.

Courtney se liggaam is Saterdag in die omgewing van Bofors-sirkel in die Epping-nywerheidsgebied gevind. Sy is op 4 Mei as vermis aangemeld nadat sy die laaste keer gesien is toe sy glo buite gespeel het.

Die beskuldigde is glo bekend aan Courtney se ouers en het glo ʼn kamer by hulle gehuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jen ·

Ek kan net ni dink dat hule sulke goed aanvang en dan agterna vrees vir hul lewe ni…j heti gedink wat j an daardie dogtertjie se lewe doen nie ma no moet daar opgetree raak omdat j vrees vir joune….siek

Genieve ·

was seker maar gedrug..jinne n mens met n verstand.Hoe kon jy n dogtertjie so vreed doodmaak???

CHRISTA ·

Hulle wil altyd “gedrug” as ‘n ekskuus gebruik, maar dis nie vir my ‘n verskoning nie!! Dis JUIS waarom dwelmgebruik ONWETTIG is!!! Dit moet die rede vir ‘n DUBBELLE straf wees!!!

Een vraag ·

Gelukkig was daar cctv kameras wat hom opgetel het toe hy die vlak graf twee keer besoek het om blare en goed op te gooi. Wonder of hy ook ander skagoffers gehad het en of die enetjie die eerste was.

Hendrik ·

so baie onbelulle word optogte gehou, geplunder in die ergste graad. moord is nou soort van tevrede genot vir sommige en is soort van op die agtergrond. regering hou hulle besig met zumpie se dinge wat ook nodig is. waarom die betogers nie ook so ernstig oor die moorde om die doodstraf terug te bring nie. moord is nou DAAGLIKS soos n sport. MAAK BAIE IN DIE LAND “GATVOL”

Theresa ·

Arme kindjie – hierdie man? het ‘n groot probleem wat verseker nie as versagting moet dien nie. So doelbewus en so wreed.

Alida ·

Mens wonder of die prokureur wat hom gaan verdedig kinders het. SIEK geldhonger.

Ai ·

Op n ander nuusblad het hulle dinge geskryf wat die ma gese het van klein Courtney se gedrag en dinge wat Courtney vir haar male gese het oor die vieslike man.

Na wat die ma gese het kan mens aflei Courtney was mishandel al voor haar dood.

Maroela weet julle daarvan en kan julle bevestig of dit waar is?

Justice ·

Wat ek gehoor het van die tronke is Saunders `n “dead man walking”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.