Man weer in hof ná werker in ‘jagongeluk’ sterf

hof-hamer

Argieffoto.

Die man wat na bewering ʼn plaaswerker doodgeskiet het omdat hy hom in die donker vir ʼn bosvark aangesien het, sal weer vandag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo op aanklag van moord verskyn.

Stefan Hepburn (39) het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy Sondagaand by sy huis in Pretoria in hegtenis geneem is. Hy was sedertdien in polisieaanhouding, maar sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en ʼn vrou het omstreeks 20:30 Saterdag op ʼn plaas in die Tuinplaas-distrik buite Modimolle bosvarke gejag, toe die voorval gebeur het. Volgens Mojapelo beweer Hepburn hy het iets hoor beweeg en in die rigting van die geluid geskiet. Nadat hy en die vrou nader gestap het, het hulle glo besef iemand is raakgeskiet.

Die man is later as Jan Railo (23) geïdentifiseer, ʼn werker op een van die buurplase. Dit is nog nie duidelik hoekom hy op die plaas was waar hy geskiet is nie.

Hepburn het die skietery by die polisie aangemeld en ʼn saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak. Die saak is egter, glo nadat die polisie die toneel besoek het, na ʼn saak van moord verander en Hepburn is in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

ben ·

Jy sien weer eens word iemand aan gekla vir moord om dat hy iemand perongeluk geskiet het in elkgeval wat soek daai persoon in die aand op plaas wa hy nie eers hoort ni seker besig met duistere plane of om n boer te vermoor so wat ga ons as blankes da omtrent doen

AL ·

Ek glo dit is standaard prosedure wat gevolg word. Kom ons volg eerder die saak – ek glo hy sal onskuldig bevind word.

Anoniem ·

Ek is geen regsgeleerde nie. Het as leek altyd gedink dis manslag as jy per ongeluk iemand se dood veroorsaak, moord as jy aspris iemand se dood veroorsaak? Ek kan dus nie verstaan hoekom die aanklag van manslag na moord verander is nie? Hy het tog nie aspris nie swart man geskiet nie, hy het gedink dis ‘n bosvark?

Scalla ·

Wat het die man daai tyd van die aand op die buurplaas, waar geen werkers woon, volgens vorige berig, gesoek. Ek dink hy het ander planne gehad en dit het vir hom skeef geloop.

AL ·

Daardie werker lyk of hy hom met duistere dinge sou besig hou. Ek dink dat hy onwettig op n buurplaas was, tel as verweer.

Riaan Myburgh ·

Die man het nie n Werker geskiet nie, hy het n betreder geskiet. Die ou was nie veronderstel om daar te wees nie.

Delia ·

Riaan, jy het my voorgespring…..wou dieselfde se….As die oortreder bv ‘n pad werker was, sou die opskrif dieselfde gewees het?
MM, die opskrif is misleidend, wek die indruk die eienaar het sy eie werker geskiet!

Denise ·

Ek se weer wat soek jy op die buurplaas? En daardie tyd van die aand as ek op my buurman se grond gan loop en geskiet word het ek mos vir moeilikheid gesoek en moet ek die gevolge dra want ek het oortree !!!!! Stephan is onskuldig die man moet nie daar geloop het nie loop in die pad!!!!!

a ·

Verstaan die aanklag van manslag, maar hoekom nou verander na moord. Die ou het die saak gaan aanmeld. Hy kon mos n ander plan gemaak het as hy wou moord pleeg en/of as dit nie n ongeluk was nie

LMF ·

Omdat die beskuldige die regte ding doen deur die saak te gaan aanmeld is hy nou in die tronk omdat daai werker op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was regtig ek dink die werker se plan het ge backfire sterkte met die saak

Anoniem ·

Bosvarke is meestal nagdiere en laag op die grond…..so wat het die werker so laag op die grond gemaak 20:30 die aand? Vra maar net?

Danie ·

So Paar jaar terug was daar ń geval van ń swart boer,sy vrou en werkers wat oortreders aangerand het asg van oor treding niks het gebeur met hulle nie dis van die punt af wat gebeur het…. maar stem saam 1. Wat het hy daar gesoek 2. Dis nie moord nie dis manslag 3. Hoeveel boere en mense moet nog sterf asg van onwettige mense wat sy huis of eiendom betree die wet is deesdae geskryf vir die skelem,en wat die ergste is jy maak ń belofte die dag as jy trou dat jy jou familie sal beskerm….wonder maar net

Carlia ·

Dit is hoekom ek ‘n deurlopery op ‘n plaas of plot haat. En die werker moes mos geweet het dat die boer bosvarke jag op die plaas. Dit is niks anders as sy eie skuld en hy het die risiko geneem om op die verkeerde tyd en die verkeerde plek te wees.

Charlotte ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie maar,daar is tien verskillende stories.Wat het geword van hulle het die man saam gevat as n draer,dan het hulle mos geweet hy is daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.