Man weer in hof oor beweerde skietery op plaas

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

Die 24-jarige man wat Saterdag in hegtenis geneem is vir beweerde poging tot moord, sal Vrydag weer in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn.

Matthew Benson word daarvan beskuldig dat hy Tebogo Ndlovu glo op 2 Augustus op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing geskiet het terwyl Ndlovu glo saam met twee ander mans lemoene gesteel het. Volgens die polisie se voorlopige ondersoek is Ndlovu gewond en het sy twee makkers hom agtergelaat en van die plaas gevlug. Ndlovu is nooit weer gesien nie. Die saak is twee dae later by die polisie aangemeld.

Benson het Maandag ook vlugtig in die Brits-landdroshof verskyn, maar die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer hy vir borgtog sal aansoek doen.

Jeff Moyo, Benson se regsverteenwoordiger, het Maandag buite die hof gesê hy weet nie waarom die saak uitgestel moet word nie. “Ons is gereed om met die borgtogaansoek voort te gaan en die staat weet dit,” het hy gesê.

Hy het gesê Benson is op 4 Augustus vir die eerste keer by die Mooinooi-polisiestasie ondervra. “Op 10 Augustus is hy weer gevra om na die Brits-polisiestasie te gaan waarna hy laat gaan is. Hy het op 14 Augustus met die ondersoekbeamptes in Pretoria vergader. Hy is nog heeltyd toeganklik vir die polisie. Dit is onregverdig om die borgtogaansoek uit te stel. Die staat was gereed voordat die beskuldigde in hegtenis geneem is.”

Moyo het versoek dat Benson by die Mooinooi-polisiestasie aangehou word om hom in staat te stel om met ʼn private ondersoeker te vergader wat hulle aangestel het.

Ndlovu se verdwyning het tot gewelddadige betogings in die gebied gelei waartydens die N4, R104 en R566 afgesper is. Die betogers het in dié tyd die plaas waar die beweerde skietery plaasgevind het onregmatig betree en glo die liggaam van die slagoffer geëis.

Hannetjie Grobbelaar, raadslid van die VF-Plus in die Madibeng-distrik, het vroeër aan Maroela Media gesê Benson en sy gesin wat op die plaas woon waar die voorval na bewering plaasgevind het, moes op 12 Augustus die plaas verlaat uit vrees vir hul lewe. Grobbelaar het gesê daar is inligting van betroubare bronne ontvang dat daar beplan word om die gesin se huis af te brand en dit het hulle genoop om die plaas te verlaat. Volgens Grobbelaar behoort die plaas aan Benson se ouers.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die soektog na Ndlovu duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

Waarvoor word hy aangehou? Die skelm kruip iewers weg en kan nie net weg wees nie. As Benson hom doodgeskiet het was daar ‘n lyk – nou is daar NIKS. Ek sien ‘n groot eis teen die SAPD kom vir onregmatige aanhouding kom. Hulle sluit die mense te maklik toe sonder om behoorlike ondersoeke te doen.

SjN ·

Hoekom die persoon aanhou, waar is die bewys, soos die lyk, wat het hulle onregmatig daar gesoek, hoop die waarheid kom uit.

Bandule ·

Hy het mos net sy lewe en sy einedom van vermeende plaasboer moordenaars beskerm, hulle wou hom dan mos aanval. Hy mag mos homself beskerm of nie???

Amelia ·

Hy is seker maar oor grens Zim se kant toe nou gaan daar seker n polis of so uitbetaal aan naasbestaandes (sonder lyk) of moontlik dink dit so en plaas word afgebreek tot daar niks is nie

Leahim ·

Mense is te bang of te onosel om die staat aan te vat oor die onregverdige en onwettige optrede deur die polisie en daarom sal dit aangaan onthou die wit bus in pta wat mense gearesteer het vir uitstaande boetes hoekom het hulle daardie praktyd gestop,omrede een slim prokureur hulle gedagvaar het

Bianca ·

Matthew ons almal weet jy is onskuldig . Daar is niks bewys nie , maar staan sterk jy sal duer dit kom want ons LIEWE VADER loop saam jou MATTHEW .
Mag die mense net hulle oë oop maak en reg kom in die lewe want hulle oë is toe.

Franco ·

Matthew is toegesluit vir iets wat hy nooit sal doen nie en ons almal weet dit. Die waarheid sal uit kom. Ons almal staan by jou. En bid elke dag dat die Here almal die waarheid sal wys. Jy behoort nie in die tronk nie. Die ou loop nog hier in die wereld rond en hy sal gevind wond. Daar is geen evidence teen Matthew nie en hy verdien om uit die tronk te kom. Hul is net bang om hom vry te laat omdat die protesters trokke brand en onnodige chaos veroorsaak. Benson ons wag vir jou aan die buite kant waar j behoort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.