Man weer in hof oor duisende babaporno-foto’s

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan kinders en sensitiewe lesers skok.

Vonnisverrigtinge het Vrydag begin in ʼn saak teen ʼn man van Plettenbergbaai wat skuld beken het op meer as 18 000 aanklagte van die besit van kinderpornografie.

William Beale (39) is in Januarie 2015 by sy huis in Plettenbergbaai in hegtenis geneem en het in Februarie vanjaar skuld op die aanklagte teen hom erken. Hy het Vrydag weer in die Knysna-streekshof verskyn.

Beale is in hegtenis geneem as deel van Operasie Cloud 9, ʼn samewerkingsoperasie tussen die polisie in Suid-Afrika en België, wat hulle toespits op ʼn internasionale kinderpornografienetwerk. Die betrokke kinderpornografiekring is veral gefokus op die seksuele mishandeling van babas. Van die foto’s wat in Beale se besit gevind is, wys die marteling en moord van babas wat slegs ʼn paar dae oud is.

Die polisie het tydens sy inhegtenisneming beslag gelê op duisende video’s van gewelddadige aanrandings en die internetadresse van meer as 300 beweerde pedofiele.

Een van die getuies wat as deel van die vonnisverrigtinge getuig het, was Tjaart van der Walt, ʼn kliniese sielkundige van George. Van der Walt het ter versagtende omstandighede getuig en aan die hof gesê Beale is as kind erg fisiek, seksueel en sielkundig mishandel en dit is ʼn bydraende faktor tot sy afwykende seksuele gedrag.

Van der Walt het gesê ná ʼn konsultasie met Beale het dit vir hom duidelik geword dat Beale aan verskeie afwykings ly, waaronder pedofilie, en sterk anti-sosiale gedragskenmerke toon. Van der Walt het gesê daar is nie ʼn kuur vir pedofilie nie en geen “beste praktyk”-behandeling vir die afwyking nie. Daar is wel programme waaraan Beale kan deelneem om die gedrag wat met die afwyking gepaardgaan aan te raak.

Hy het genoem dat dit om’t ewe is of Beale hierdie program in ʼn gevangenis of onder korrektiewe toesig doen, die uitkoms sal waarskynlik dieselfde wees.

ʼn Verslag is ook Vrydag by die hof ingehandig waarin daar gemeld word dat Beale ʼn kandidaat vir korrektiewe toesig is. Adv. Gerda Marx, die staatsaanklaer, het egter aan die hof gesê dat daar tans geen program beskikbaar is om Beale se aanlyn aktiwiteite te monitor as hy onder korrektiewe toesig geplaas word nie. Korrektiewe toesig behels net enkele besoeke deur die owerhede per week aan die oortreder se huis en werk.

Die saak is tot 4 Oktober uitgestel wanneer die staat na verwagting vir Van der Walt sal kruisondervra, asook nog kenners as getuies roep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Geskok ·

“Die marteling en moord van babas wat slegs ‘n paar dae oud is”?

Maria ·

Ek dink hys n aangenome seun. Kry sy ouers ontsettend jammer, christelike familie

Annakapat ·

My vraag: Waar is die ouers van hierdie babas? Waar kry mense soos hulle toegang tot die babas?

Ander Annie ·

Ja so waar, nou lees ek die versagting. Nee wat, daar moet geen versagting wees nie.

Anoniem ·

Die redenasie wat as versagtende omstandighede gebruik word, kan eintlik ook teen hom as verswarende omstandighede gebruik word: omdat hy as kind mishandel is, doen hy dit nou aan ander kinders. Dan gaan die ander kinders mos ook hierdie boosheid voortsit as hulle eendag grootmense is? Waar/hoe gaan dit stop? Hierdie man en sy trawante moet uit die samelewing verwyder om ander kinders te beskerm.

Nick van Zyl ·

Mens het net nie meer woorde nie! Ons leef waaragtig in ‘n verdorwe en Godlose samelewing! Respek vir die lewe en die Skepper word met siniese argwaan bejeën. Dierlike gedrag voer die botoon. Is die afskaffing van lyf- en doodstraf nie ook dalk ‘n bydraende faktor nie? Inderdaad wil ek ook weet waar word toegang tot hierdie babas verkry? Dit skree ten hemele! So ‘n mens verdien die galg!!

Poeksie ·

Absoliete boosheid. Hierdie mense mag nooit ooit weer n voet buite die mmaksimum sekuriteits tronke sit nie en nooit weer toegang hê tot n selfoon of n rekenaar nie. Mag die Here elke baba en kind beskerm teen hierdie bose magte.

Ai ·

Betsie, ek dink nie jy besef dat dit die ouers self is wat die goed aan hulle kinders doen en geld maak uit dit nie. Dis die realiteit. Ja van die kinders is seker ook ontvoer, maar in Amerika was daar een geval wat ek van weet waar n ma haar baba en kleuter aan n pedofiel “metal musiekant” vir geld uit verhuur het.

Altwee is nou in die tronk maar die skade is gedoen.

Poeksie ·

(…” Absolute boosheid”..jammer vir die spel fout in voorige kommertaar). Die overhede van alle lande waar hierdie verskriklike netwerk opereer, behoort hierdie skuldige mense se name en woonareas bekendte maak op n data basis aan die hele wêreld. Veral op webblaaie waar nuwe ouers of baba verwante sake bespreek of geadverteer word behoort links na so n data basis te wees. Die publiek is sekerlik geregtig daarop om te weet as daar so n oortreder in hul omgewing woonagtig is.

Ook 'n Ma ·

Versagtende omstandighede??? Korrektiewe toesig???? WAARTEEN NOG moet ek MY kinders beskerm???? Oplossing: gee net sy adres…
problem? NO MORE problem.

Hanna ·

Sulke mense se name moet op n register vir seksoortreders geplaas word, want more oormore bly ta reg langs n kleuterskool. Of langs my… Nee wat, vergeet bietjie die oortreder se regte. Ons, die publiek, het die reg om te weet wie hierdie siek siele is!

adk ·

Ai man dit wat aan vrouens en veral kinders gedoen word hang hom dat hy uit die samelewing kan kom

antonie ·

mense soos die is n bedreiging vir ons samelewing, sluit toe-as hy uitkom, moniteer hom (maar in suid afrika met die huidige stand van sake gaan dit baie moeilik wees, en dit gaan nie werk nie)

Ai ·

As daar nou een ding is waaroor hulle die doodstraf gerus kan terugbring is dit vir die man en mense soos hy wat babas en kinders mishandel.

Dis uit die hel uit! Daar sal n dag kom wat hulle voor God sal staan. Dis al troos wat ek het.

Amelia ·

Asb ek hoop nie my belasting geld word gemors op die saak en sy behandeling nie. As n sielkundige se daar is geen genesing, hoop ek die staat maak hul ore (as hul ooit het) oop en verwyder hom permanent uit die samelewing. Hang hom en kry klaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.