Man weer in hof oor Top Billing-aanbieder se dood

Simba Mhere

Simba Mhere

Preshalin Naidoo (24) het Donderdag weer in die Randburgse landdroshof verskyn nadat hy glo in 2015 die oorsaak was van ʼn noodlottige ongeluk waartydens die Top Billing-aanbieder, Simba Mhere, en sy vriendin Kady-Shay O’Bryan, gesterf het.

Stanley Bezuidenhout van IBF Investigations South Africa, die verdediging se ongelukrekonstruksie-kenner, het ʼn foto aan die hof voorgehou wat glo wys dat Naidoo se motor in ʼn “abnormale toestand” was toe die ongeluk plaasgevind het. Die verdediging voer aan dit was ʼn meganiese fout wat tot die ongeluk gelei het.

“Die stuurwielkomponent is ondersoek en dit was skoon, maar daar was ʼn meganiese fout in die suspensie by die voorste regterwiel,” het Bezuidenhout gesê. Hy het ʼn foto gewys wat aandui dat ʼn onderdeel vermis word en dit kan moontlik tot die meganiese fout in die stuurwiel gelei het.

Volgens hom het niemand aan die toneel gepeuter nie. “Die posisie van die voertuie is waar hulle tot stilstand gekom het.”

Daar was vier impakmerke op die pad wat deur bande veroorsaak is wat die Johannesburgse metropolisiebeampte aangeteken het, maar volgens Bezuidenhout is dié bewyse nooit behoorlik ondersoek nie. “Ons weet nie of ons dit met hierdie ongeluk kan verbind nie. Om bloot net na die merke te kyk en dan te sê dit hou met hierdie ongeluk verband, is gevaarlik.”

Hy het ook foto’s gewys wat vir hom ʼn bevestiging is dat voertuig A (Naidoo se motor) ʼn meganiese fout opgedoen het. “Die motor het teen ongeveer 79 – 85 km/h beweeg.”

Lorenz Stoger, bestuurder van Car Track Fleet, het egter vroeër daarop gewys Naidoo se motor het teen minstens 160 km/h beweeg toe hy beheer verloor het oor die motor.

Die saak is tot 6 Maart uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Simba Mhere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gustav ·

‘n komponent wat weg was, noem asb die komponent op sy naam

Liezille ·

Ag asseblief! Die “kenners” sal nou als probeer. Maar die werknemer van die tracking company het klaar bevestig dat Naidoo wel teen gevaarlike spoed gery het die dag voor die ongeluk! Mar nou ja… no justice

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.