Man weer in hof oor verkragting, seksdade met hond

hof-hamer

Argieffoto.

Die ANC het aangekondig die party en sy bondgenote gaan Donderdag vreedsaam buite die Bronkhorstspruit-landdroshof betoog waar ʼn 45-jarige man verskyn in verband met die beweerde verkragting van sy huiswerker.

Maroela Media het vroeër berig die man is verlede week in hegtenis geneem nadat hy glo die 41-jarige huiswerker in sy huis verkrag en na bewering gedwing het om seksuele dade met sy hond te pleeg.

Volgens kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die man die vrou glo verlede Maandag in ʼn kamer in sy huis in Riamarpark in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, ingesleep en haar herhaaldelik verkrag tot vroeg die volgende oggend, waarna hy glo die hond betrek het. Hy het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn. Die saak is tot vandag uitgestel vir sy formele borgtogaansoek.

Die plaaslike ANC het gesê sy bondgenote van die SACP, Sanco en Cosatu sal by hulle aansluit. Betogers sal van 08:00 by die hof begin saamkom om aan te dring dat die man nie borgtog kry nie. Vervoer met busse is vir betogers gereël vanuit Riamarpark, Zithobeni, Rethabiseng, Ekangala, Bronkhorstspruit en Cullinan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piet olivier ·

Iets in die saak klink vir my nie reg nie , of die man is geestelik versteurd of die bewering is weer met n rassistiese motief gemaak

Bruno Stef ·

Ek het geen simpatie met die persoon nie maar die betogers wat aangery word en die politieke organisasies daarby betrokke is vir my n duidelike aanduiding van watter bevolkingsgroep die man is. Voeg net poging tot moord en rig van n vuurwapen by en daar is genoeg vet om die aangeleentheid n suksesvolle uitkoms te gee.

Hanna ·

Vreedsaam betoog?! Dit sal die dag wees… lekker lag ek nou. Wonder hoeveel vreedsame betogers sou opdaag as daar nie alewig vervoer gereel word nie?

Andre ·

Die ANC gaan “vreedsaam” betoog ek hoop dit gaan uit gesaai word want ek het dit nog nie gesien nie!!!!

neels ·

Ek wonder of die voorbokke ook in hegtenis geneem gaan word vir openbare onrus en ontwrigting van verkeer sonder toestemming soos sommige van die swart maandag opmars.

Pop ·

Wys nou een keer waar blankes so opruk en met busse aangery word as borgtog ter sprake is vir n moordenaar van ons mense. So staan hulle bymekaar en dis iets wat ons nie doen nie.

GATVOL ·

Die “crux” van alles is dat n man n vieslike daad aan n vrou gedoen het. Wat gee iemand die reg om enige iemand anders so te behandel. SIES MAN!!!!! Dis onaanvaarbaar. Hoop jy kry wat jou toekom.

Barries ·

Stem saam met jou Gatvol. Skokkend wat beweer word, maar Maroelamedia lesers lewer kommentaar oor die beplande betoging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.