Man weer in hof oor vermiste Pta-vrou se moord

Dawn Basdeo. Foto: Facebook

Die eggenoot van ʼn vrou van Brooklyn in Pretoria wat twee weke gelede as vermis aangemeld en vermoedelik vermoor is, verskyn weer Dinsdag in die stad se landdroshof.

Prem Emmanuel Basdeo het verlede Donderdag sy eerste verskyning in die Pretoria-landdroshof gemaak op aanklag van die moord op sy vrou, Dawn (57). Die saak is tot vandag uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Dawn is op 8 Junie die laaste keer lewend gesien by haar huis in Brooklyn in die ooste van die stad. Daar is by die polisie aangemeld dat Dawn dié dag omstreeks 09:00 weg is na die Little Company of Mary-hospitaal. Sy het nooit by die hospitaal aangekom en ook nie teruggekeer huis toe nie. Emmanuel het dieselfde aand sy vrou by die polisie as vermis aangemeld.

ʼn Grootskaalse soektog na Dawn is van stapel gestuur en op 10 Junie is die silwer Mercedes-Benz-motor, wat Dawn glo gebruik het toe sy vermis geraak het, verlate in Soweto gevind.

Nadere ondersoek deur die polisie het verlede week tot Emmanuel se inhegtenisneming gelei.

Volgens kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, sal hy ook aangekla word van dwarsboming van die gereg en meineed omdat hy oneerlik was in sy aanvanklike verklaring aan die polisie. Dawn se liggaam is steeds nie gevind nie en die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willie ·

Nedere ondersoek duer sie Polisie… so dit seker nog sensitief Wouter….

Sensitief? ·

Willie, geen liggaam is nog gevind nie, so hoe kan die man van moord aangekla word?

kas ·

Is hierdie weer ‘n Panayoti saak.Het hy huurmoordenaars gekry om sy vuilerk vir hom te doen.Is dit ‘n Benson saak,geen lyk geen saak.Het die arrestasie gevolg na forensiese bewyse.

Amelia ·

Al wat ek se, dit is beter om ongetroud te wees. Geen versekerings op jou lewe en bly alleen. Baie beter.

Geelheksi ·

Hukom moor…..laat hulle gaan…skei…en as daar oor aardse goed baklei word….steek aan die brand want op die eiende van die dag word jy uit gevang…..

jaco ·

Dis nou al ‘n patroon by die SAPD as wit mense dood/vermis is: los die ondersoek. Verdink net ‘n wit naasbestaande en dis “case closed”. Lyk my dit word nou op ander rasse-minderhede ook toegepas.

feite ·

Jaco dis ‘n Indiervrou en haar man P.E. Basdeo is ‘n eks Indier polisieman. Sy vorige vrou is ook geskiet, hy en sy seun is verdink maar saak is vier jaar later uitgegooi. Hy het die keer erken sy huidige vrou is deur hom vermoor maar hy kan nie onthou waar haar lyk is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.