’n Man (75) is Dinsdag vroegaand buite ’n plaashuis in die omgewing van Makwassie in Noordwes oorval nadat die krag in die plaashuis afgegaan het en hy na buite met ’n flitslig is om ondersoek by die hoofskakelaar in te stel.
Die voorval het omstreeks 19:00 op die plaas Heuningkrans plaasgevind.
Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Cornelius Jacob Swart is na bewering op die stoep van die plaashuis deur ’n enkele verdagte oorval en met die vuis bygedam.
“Die slagoffer het geval, maar het dadelik opgestaan en die verdagte met die flitslig geslaan waarna die verdagte weggehardloop het.”
Volgens Botma is die aanvaller in dié stadium steeds soek. Dit lyk nie of enigiets gesteel is nie.
Die man het geringe beserings opgedoen en ʼn saak van huisroof word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Ek hoop dit gaan goed met oom Cornelius Swart .
As iemand in die omgewing meer inligting het … laat weet ons asb.
Dankbaar die oom leef nog!
Die opskrif sê plaasaanval, maar tog is die klag ‘n huisroof al het hy die oom geslaan met ‘n vuis…
Soos ek vroeër gesê het, kon hy nie die huis geroof het nie, hy was nie eers in die huis nie. Die man is wel aangerand met die doel om ernstig te beseer.
Banggat !
Dis al taal wat die standaard aanvaller ken en verstaan. Mooipraat en pleit is ‘n mors van asem. Moet nie eers onderhandel nie. Daars gewoonlik geen genade. Ons moet deurgans paraat ook wees en probeer dink soos die plaas aanvallers dink .